Numeri
35 En Jehovah het met Moses gepraat in die woestynvlaktes van Moab aan die Jordaan+ by Jeʹrigo en gesê: 2 “Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle uit hulle erflike besitting aan die Leviete stede moet gee+ om in te woon, en hulle moet aan die Leviete die weiveld rondom die stede gee.+ 3 En die stede moet vir hulle wees om in te woon, terwyl hulle weivelde vir hulle mak diere en hulle goed en vir al hulle wilde diere moet wees. 4 En die weivelde van die stede, wat julle aan die Leviete gee, moet van die stadsmuur af buitentoe duisend el rondom wees. 5 En julle moet buite die stad aan die oostekant tweeduisend el meet en aan die suidekant tweeduisend el en aan die westekant tweeduisend el en aan die noordekant tweeduisend el, met die stad in die middel. Dit sal vir hulle as weivelde van die stede dien.
6 “Dít is die stede wat julle aan die Leviete moet gee: ses vrystede,+ wat julle moet gee sodat hy wat iemand doodgemaak het, daarheen kan vlug,+ en daarby moet julle twee-en-veertig ander stede gee. 7 Al die stede wat julle aan die Leviete gee, moet agt-en-veertig stede wees, hulle saam met hulle weivelde.+ 8 Die stede wat julle gee, moet uit die besitting van die kinders van Israel wees.+ Van dié wat baie is, moet julle baie neem, en van dié wat min is, moet julle min neem.+ Elkeen moet na gelang van sy erfdeel wat hy as ’n besitting sal neem, van sy stede aan die Leviete gee.”
9 En Jehovah het voortgegaan om met Moses te praat en gesê: 10 “Praat met die kinders van Israel, en jy moet vir hulle sê: ‘Julle trek deur die Jordaan na die land Kanaän.+ 11 En julle moet stede uitkies wat vir julle geskik is. As vrystede moet hulle vir julle dien, en hy wat iemand doodmaak, wat ’n siel onopsetlik doodslaan, moet daarheen vlug.+ 12 En die stede moet vir julle as ’n toevlug teen die bloedwreker+ dien, sodat hy wat iemand doodgemaak het, nie sterf voordat hy voor die vergadering tereggestaan het nie.+ 13 En die stede wat julle gee, die ses vrystede, sal tot julle beskikking wees. 14 Drie stede moet julle aan hierdie kant van die Jordaan+ gee, en drie stede moet julle in die land Kanaän+ gee. As vrystede moet hulle dien. 15 Vir die kinders van Israel en vir die inwonende vreemdeling+ en vir die bywoner onder hulle moet hierdie ses stede as ’n toevlug dien, sodat elkeen wat ’n siel onopsetlik doodslaan, daarheen kan vlug.+
16 “‘En as hy hom met ’n ystervoorwerp geslaan het sodat hy sterf, is hy ’n moordenaar.+ Die moordenaar moet vir seker doodgemaak word.+ 17 En as hy hom met ’n klein klip, waardeur hy kan sterf, geslaan het sodat hy sterf, is hy ’n moordenaar. Die moordenaar moet vir seker doodgemaak word. 18 En as hy hom met ’n klein houtvoorwerp, waardeur hy kan sterf, geslaan het sodat hy sterf, is hy ’n moordenaar. Die moordenaar moet vir seker doodgemaak word.
19 “‘Die bloedwreker+ moet die moordenaar doodmaak. Wanneer hy op hom afkom, moet hy hom doodmaak. 20 En as hy hom uit haat gestamp het+ of na hom gegooi het terwyl hy hom voorgelê het,+ sodat hy sou sterf, 21 of hy hom uit vyandigheid met sy hand geslaan het sodat hy sou sterf, moet die een wat geslaan het, vir seker doodgemaak word. Hy is ’n moordenaar. Die bloedwreker moet die moordenaar doodmaak wanneer hy op hom afkom.+
22 “‘Maar as hy hom onvoorsiens, sonder vyandigheid, gestamp het of, sonder dat hy hom voorgelê het, enige voorwerp na hom gegooi het,+ 23 of enige klip waardeur hy kan sterf, sonder dat hy hom gesien het, of dit op hom laat val het, sodat hy gesterf het, terwyl hy hom nie vyandiggesind was nie en nie sy nadeel gesoek het nie, 24 dan moet die vergadering tussen die een wat geslaan het en die bloedwreker oordeel volgens hierdie regsbeslissings.+ 25 En die vergadering+ moet hom wat iemand doodgemaak het, uit die hand van die bloedwreker verlos, en die vergadering moet hom laat terugkeer na sy vrystad waarheen hy gevlug het, en hy moet daarin woon tot die dood van die hoëpriester wat met die heilige olie gesalf is.+
26 “‘Maar as hy wat iemand doodgemaak het, vir seker buite die grens van sy vrystad gaan waarheen hy gevlug het, 27 en die bloedwreker+ hom buite die grens van sy vrystad vind, en die bloedwreker hom ombring wat iemand doodgemaak het, is daar geen bloedskuld op hom nie. 28 Want hy behoort tot die hoëpriester se dood in sy vrystad te woon,+ en ná die hoëpriester se dood mag hy wat iemand doodgemaak het, na die land van sy besitting terugkeer. 29 En dit moet vir julle as ’n regsinsetting dien in al julle geslagte, in al julle woonplekke.
30 “‘Elkeen wat ’n siel doodslaan, moet uit die mond van getuies+ as ’n moordenaar+ omgebring word, en een getuie mag nie teen ’n siel getuig om hom te laat sterf nie. 31 En julle mag geen losprys aanneem vir die siel van ’n moordenaar wat verdien om te sterf nie,+ want hy moet vir seker doodgemaak word.+ 32 En julle mag geen losprys aanneem vir iemand wat na sy vrystad gevlug het, sodat hy voor die dood van die hoëpriester weer in die land kan woon nie.
33 “‘En julle mag die land waarin julle is, nie besoedel nie; want bloed besoedel die land,+ en vir die land is daar geen versoening vir die bloed wat daarin vergiet is nie, behalwe deur die bloed van hom wat dit vergiet het.+ 34 En julle mag die land waarin julle woon, waarin ek woon, nie verontreinig nie; want ek, Jehovah, woon in die midde van die kinders van Israel.’”+