Deuteronomium
33 En dit is die seën+ waarmee Moses, die man van die ware God,+ die kinders van Israel voor sy dood geseën het. 2 En hy het gesê:
“Jehovah—van Siʹnai af het hy gekom,+
En hy het uit Seïr stralend oor hulle opgegaan.+
Hy het uit die bergstreek Paran gestraal,+
En saam met hom was heilige tienduisende,+
Aan sy regterhand krygsmanne wat tot hulle behoort.+
3 Ook het hy sy volk gekoester;+
Al hulle heiliges is in u hand.+
En hulle—hulle het aan u voete gelê;+
Hulle het van u woorde begin ontvang.+
5 En hy het koning geword in Jesuʹrun,+
Toe die hoofde van die volk bymekaargekom het,+
Die volle getal van die stamme van Israel.+
7 En dít was Juda se seën,+ toe hy verder gesê het:
“Hoor, o Jehovah, die stem van Juda,+
En mag u hom na sy volk toe bring.
Sy arms het gestry vir wat syne is;
En mag u vir hom ’n helper teen sy teenstanders wees.”+
“U Tummim en u Urim+ behoort aan die man wat lojaal teenoor u is,+
Wat by Massa deur u op die proef gestel is.+
U het by die waters van Meʹriba met hom begin twis,+
9 Die man wat vir sy vader en sy moeder gesê het: ‘Ek het hom nie gesien nie.’
Selfs sy broers het hy nie erken nie,+
En sy seuns het hy nie geken nie.
Want hulle het u woord bewaar,+
En u verbond het hulle voortdurend gehou.+
10 Laat hulle Jakob in u regterlike beslissings onderrig+
En Israel in u wet.+
Laat hulle reukwerk voor u neus bring+
En ’n heeloffer op u altaar.+
11 Seën, o Jehovah, sy lewenskragtigheid,+
En mag u behae toon in die werk van sy hande.+
Dien dié wat teen hom opstaan, ernstige wonde aan hulle heupe toe,+
Asook dié wat hom intens haat, sodat hulle nie kan opstaan nie.”+
“Laat die geliefde+ van Jehovah in veiligheid by hom woon,+
Terwyl hy hom die hele dag beskerm,+
En hy sal tussen sy skouers woon.”+
“Mag sy land voortdurend deur Jehovah geseën word+
Met die keurige dinge van die hemel, met dou,+
En met die waterdiepte wat daar onder lê,+
14 En met die keurige dinge, die produkte van die son,+
En met die keurige dinge, die opbrengs van die maanmaande,+
15 En met die keurigste uit die berge van die ooste,+
En met die keurige dinge van die heuwels wat tot onbepaalde tyd bly,
16 En met die keurige dinge van die aarde en sy volheid,+
En met die goedkeuring van die Een wat in die doringbos woon.+
Mag dit op die hoof van Josef kom+
En op die kroon van die hoof van die een wat onder sy broers uitgesonder is.+
17 Soos die eersgeborene van ’n bul is sy prag,+
En sy horings is die horings van ’n wilde bul.+
Daarmee sal hy volke stoot,+
Almal saam tot aan die eindes van die aarde,
En dit is die tienduisende van Eʹfraim,+
En dit is die duisende van Manasʹse.”
18 En van Seʹbulon het hy gesê:+
19 Hulle sal volke na die berg roep.
Daar sal hulle die offerandes van regverdigheid offer.+
Want hulle sal die oorvloedige rykdom van die seë insuig+
En die verborge skatte van die sand.”
“Geseënd is hy wat die grense van Gad uitbrei.+
Soos ’n leeu sal hy woon,+
En hy sal die arm, ja, die kroon van die kop verskeur.+
21 En hy sal die eerste deel vir hom kies,+
Want daar is die toegemete deel van ’n wetgewer bewaar.+
En die hoofde van die volk sal bymekaarkom.
Die regverdigheid van Jehovah sal hy beslis uitvoer
En sy regterlike beslissings met Israel.”
23 En van Nafʹtali het hy gesê:+
“Nafʹtali is versadig van die goedkeuring
En vol van die seën van Jehovah.
Neem tog die weste en die suide in besit.”+
“Geseënd met seuns is Aser.+
Laat hy iemand word wat deur sy broers goedgekeur is,+
En iemand wat sy voet in olie doop.+
26 Daar is niemand soos die ware God+ van Jesuʹrun+ nie,
Wat op die hemel ry om jou te hulp te kom+
En op die bewolkte lug in sy uitnemendheid.+
27 ’n Skuilplek is die God van die ou tyd,+
En onder is die arms wat tot onbepaalde tyd bly.+
En hy sal die vyand voor jou uit verdryf,+
En hy sal sê: ‘Verdelg hulle!’+