15 “En as jy nie na die stem van Jehovah jou God luister deur al sy gebooie en sy insettinge sorgvuldig te onderhou wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal:+
63 “En net soos Jehovah hom oor julle verheug het om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig,+ so sal Jehovah hom oor julle verheug om julle te vernietig en julle te verdelg;+ en julle sal eenvoudig weggeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.+
16 Maar hulle het voortdurend die boodskappers van die ware God uitgelag+ en sy woorde verag+ en met sy profete die spot gedryf,+ totdat die woede+ van Jehovah teen sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing was nie.+
24 en hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as gevangenes na al die nasies weggevoer word;+ en Jerusalem sal deur die nasies vertrap word, tot die vasgestelde tye+ van die nasies vervul is.