2 Julle mag niks byvoeg by die woord wat ek julle beveel nie, en ook mag julle niks daarvan wegneem nie,+ sodat julle die gebooie van Jehovah julle God kan onderhou wat ek julle beveel.
4 Want sake staan so: as iemand kom en ’n ander Jesus verkondig as die een wat ons verkondig het,+ of julle ’n ander gees ontvang as wat julle ontvang het,+ of ander goeie nuus+ as wat julle aangeneem het, dan verdra julle hom maklik.+
8 Maar selfs al sou ons of ’n engel uit die hemel aan julle iets as goeie nuus bekend maak benewens dit wat ons aan julle as goeie nuus bekend gemaak het, laat hom vervloek wees.+
3 maar elke geïnspireerde uiting wat Jesus nie bely nie, het nie sy oorsprong by God nie.+ Wat meer is, dít is die antichris se geïnspireerde uiting wat julle gehoor het sou kom,+ en dit is nou reeds in die wêreld.+