15 “Maar as julle nie na die stem van Jehovah julle God luister deur al sy gebooie en sy wetsbepalings te gehoorsaam wat ek julle vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor julle kom en julle inhaal:+
25 Jehovah sal maak dat julle voor julle vyande verslaan word.+ Julle sal hulle vanuit een rigting aanval, maar julle sal in sewe verskillende rigtings van hulle af wegvlug. En julle sal iets skokkends vir al die koninkryke van die aarde word.+
14 Toe het Jehovah so woedend geword vir Israel dat hy hulle in die hand gegee het van hulle vyande wat hulle geplunder het.+ Hy het hulle oorgelewer aan* hulle vyande rondom hulle,+ en hulle kon hulleself nie meer teen hulle vyande verdedig nie.+
10 Toe het die Filistyne geveg, en Israel is verslaan,+ en elkeen het na sy tent gevlug. Die slagting was baie groot – 30 000 voetsoldate van Israel het geval.