24 Julle mag nie voor hulle gode neerbuig of oorreed word om hulle te dien nie, en julle mag nie hulle gebruike navolg nie.+ Julle moet hulle afgode eerder vernietig en hulle heilige pilare stukkend breek.+
5 “Julle moet eerder só met hulle maak: Breek hulle altare af, breek hulle heilige pilare stukkend,+ kap hulle heilige pale* af+ en verbrand hulle beelde.+
3 Julle moet hulle altare afbreek, hulle heilige pilare stukkend breek,+ hulle heilige pale* met vuur verbrand en die beelde van hulle gode afkap+ en sodoende die name van hulle gode uit daardie plek laat verdwyn.+