12 Jehovah het toe vir Moses gesê: “Klim teen die berg op na my toe en bly daar. Ek sal vir jou die kliptablette gee met die wet en die gebod wat ek sal skryf om hulle te onderrig.”+
18 En net nadat hy met Moses op die berg Siʹnai gepraat het, het hy vir hom twee tablette van die Getuienis+ gegee, kliptablette waarop die vinger van God geskryf het.+
19 Toe Moses naby die kamp kom en die kalf+ en die danse sien, het hy woedend geword, en hy het die tablette aan die voet van die berg stukkend gegooi.+
34Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Kap vir jou twee kliptablette uit soos die eerstes,+ en ek sal op die tablette die woorde skryf wat op die eerste tablette was,+ wat jy stukkend gegooi het.+