-
Eksodus 34:6, 7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
6 Jehovah het voor hom verbygegaan en uitgeroep: “Jehovah, Jehovah, ’n God wat genadig is+ en medelye* betoon,+ wat nie gou kwaad word nie+ en vol lojale liefde*+ en waarheid*+ is, 7 wat lojale liefde aan duisende betoon,+ wat ongehoorsaamheid en oortreding en sonde vergewe.+ Maar hy sal beslis nie die skuldiges ongestraf laat bly nie,+ want hy bring straf vir die oortreding van vaders oor kinders en oor kleinkinders, oor die derde geslag en oor die vierde geslag.”+
-