7 “As een van julle broers onder julle arm word in een van julle stede in die land wat Jehovah julle God aan julle gee, moet jy nie jou hart verhard of jou hand toehou vir jou arm broer nie.+
10 Jy moet vryelik aan hom gee,+ en jy* moenie teësinnig aan hom gee nie, want dan sal Jehovah jou God jou seën in al jou werk en in alles wat jy aanpak.+
38 Hou aan om te gee, en mense sal vir julle gee.+ Hulle sal ’n goeie hoeveelheid in julle skoot uitgooi, wat ingestamp en geskud is, maar dit sal nog steeds oorloop. Want met die maathouer waarmee julle uitmeet, sal hulle weer vir julle uitmeet.”
17 Maar as iemand genoeg materiële besittings het om van te lewe en sien dat sy broer gebrek ly en tog weier om medelye* aan hom te betoon, hoe kan die liefde vir God dan in hom bly?+