14 Nadat Lot weggegaan het, het Jehovah vir Abram gesê: “Kyk asseblief na die land om jou, na die noorde en die suide, na die ooste en die weste, 15 want die hele land wat jy sien, sal ek aan jou en jou nageslag* gee as ’n permanente besitting.+
18 Op daardie dag het Jehovah ’n verbond met Abram gemaak+ en gesê: “Aan jou nageslag* sal ek hierdie land gee,+ van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:+
3 Woon as ’n vreemdeling in hierdie land,+ en ek sal met jou wees en jou seën, want aan jou en aan jou nageslag* sal ek al hierdie lande gee,+ en ek sal die eed nakom wat ek vir jou pa, Abraham, gesweer het:+
4 En hy sal aan jou en jou nageslag* die seën van Abraham gee,+ sodat jy die land in besit kan neem waar jy tot nou toe as ’n uitlander gewoon het, die land wat God aan Abraham gegee het.”+