-
Deuteronomium 6:1, 2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
6 “Hier is die gebooie, die wetsvoorskrifte en die regterlike bevele wat Jehovah julle God gegee het om julle te leer, sodat julle dit kan gehoorsaam wanneer julle in die land ingaan wat julle in besit gaan neem 2 en sodat julle Jehovah julle God kan vrees en al sy wetsbepalings en sy gebooie kan gehoorsaam wat ek julle beveel – julle en julle kinders en julle kleinkinders+ – al die dae van julle lewe, sodat julle lank kan lewe.+
-
-
Deuteronomium 30:19, 20Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle, dat ek jou tussen die lewe en die dood laat kies, tussen die seën en die vloek.+ En jy moet die lewe kies sodat jy kan lewe,+ jy en jou nageslag,+ 20 deur Jehovah jou God lief te hê,+ deur na sy stem te luister en deur lojaal aan hom te bly,+ want hy is jou lewe en deur middel van hom sal jy ’n lang tyd in die land kan woon wat Jehovah aan julle voorvaders, Abraham, Isak en Jakob, met ’n eed belowe het om aan hulle te gee.”+
-
-
1 Petrus 3:10-12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
10 Want “wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong weghou van slegte praatjies+ en sy lippe van bedrog. 11 Hy moet wegdraai van wat sleg is+ en doen wat goed is.+ Hy moet vrede soek en dit nastreef.+ 12 Want die oë van Jehovah* is op die regverdiges, en sy ore luister na hulle smeekgebede,+ maar Jehovah* is teen* dié wat slegte dinge doen.”+
-