3 “Dan sal ek die oorblyfsel van my skape bymekaarmaak uit al die lande waarheen ek hulle verstrooi het,+ en ek sal hulle terugbring na hulle weiveld,+ en hulle sal vrugbaar wees en baie word.+
14 Op ’n goeie weiveld sal ek vir hulle sorg, en hulle sal op Israel se hoë berge wei.+ Hulle sal daar in ’n goeie weiplek gaan lê,+ en hulle sal op die beste weivelde op die berge van Israel wei.”