-
Jeremia 5:31Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
En my volk hou daarvan,+
maar wat sal julle doen wanneer die einde kom?”
-
-
Jeremia 23:16, 17Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
16 Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê:
“Moenie luister na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie.+
Hulle mislei julle.*
17 Hulle sê keer op keer vir dié wat my nie respekteer nie:
‘Jehovah het gesê: “Julle sal vrede geniet.”’+
En hulle sê vir elkeen wat hardkoppig is en sy eie hart volg:
‘Geen rampspoed sal oor julle kom nie.’+
-
-
Jeremia 27:8-10Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 “‘“‘As enige nasie of koninkryk weier om koning Nebukadneʹsar van Babilon te dien en weier om hulle nek onder die juk van die koning van Babilon te sit, sal ek daardie nasie met die swaard,+ hongersnood en vreeslike siektes straf,’ sê Jehovah, ‘totdat ek deur sy hand ’n einde aan hulle gemaak het.’
9 “‘“‘Moet dus nie na julle profete, julle waarsêers, julle dromers en julle towenaars luister nie. Hulle sê vir julle: “Julle sal nie die koning van Babilon dien nie.” 10 Want hulle profeteer leuens vir julle, en as gevolg daarvan sal julle ver van julle land weggeneem word, en ek sal julle verstrooi, en julle sal vergaan.
-