-
2 Konings 22:12, 13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 Daarna het die koning die volgende bevel gegee aan die priester Hilkiʹa, aan Ahiʹkam,+ die seun van Safan, aan Agbor, die seun van Migaʹja, aan Safan, die sekretaris, en aan Asaʹja, die koning se kneg: 13 “Gaan raadpleeg Jehovah vir my, vir die volk en vir die hele Juda in verband met die woorde van hierdie boek wat gevind is, want Jehovah is woedend vir ons+ omdat ons voorvaders ongehoorsaam was aan die woorde van hierdie boek en omdat hulle nie alles gedoen het wat vir ons voorgeskryf is nie.”
-
-
Jeremia 39:13, 14Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
13 Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, Nebusasʹban, die Rabʹsaris,* Nerʹgal-Sareʹser, die Rabmag,* en al die belangrikste manne van die koning van Babilon het 14 Jeremia uit die Voorhof van die Wagte+ laat haal en hom in die sorg geplaas van Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam,+ die seun van Safan,+ om na Gedalʹja se huis geneem te word. Hy het dus onder die volk gewoon.
-
-
Jeremia 40:5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 En voordat Jeremia teruggedraai het, het Nebusaraʹdan gesê: “Gaan terug na Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam,+ die seun van Safan,+ wat die koning van Babilon oor die stede van Juda aangestel het, en bly by hom onder die volk, of gaan net waar jy wil.”
Die hoof van die wagte het toe vir hom kos en ’n geskenk gegee en hom laat gaan.
-