Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Matteus 26:14-16
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 14 Toe het een van die Twaalf, die een wat Judas Iskaʹriot+ genoem is, na die hoofpriesters toe gegaan+ 15 en gevra: “Wat sal julle vir my gee om hom aan julle te verraai?”+ Hulle het vir hom 30 silwerstukke+ aangebied. 16 Daarom het hy van toe af na ’n goeie geleentheid gesoek om hom te verraai.

  • Markus 14:10, 11
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 10 Judas Iskaʹriot, een van die Twaalf, het na die hoofpriesters toe gegaan om Jesus aan hulle te verraai.+ 11 Toe hulle dit hoor, was hulle baie bly en het hulle belowe om vir hom silwergeld te gee.+ Daarom het hy na ’n geleentheid begin soek om hom te verraai.

  • Johannes 6:70
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 70 Jesus het vir hulle gesê: “Ek het die twaalf van julle uitgekies, nie waar nie?+ Tog is een van julle ’n lasteraar.”*+

  • Johannes 13:2
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 2 Die aandmaal was aan die gang, en die Duiwel het reeds die gedagte om Jesus te verraai in die hart van Judas Iskaʹriot,+ die seun van Simon, gesit.+

  • Johannes 13:27
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 27 Nadat Judas die stukkie brood geneem het, het Satan in hom ingevaar.+ Toe het Jesus vir hom gesê: “Wat jy doen, doen dit nog gouer.”

  • Handelinge 1:16, 17
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 16 “Manne, broers, die heilige gees het deur Dawid ’n profesie uitgespreek oor Judas,+ wat diegene wat Jesus gearresteer het, na hom toe gelei het.+ Daardie Skrifgedeelte moes vervul word. 17 Want hy was een van ons+ en is gekies om aan hierdie bediening deel te neem.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel