25 God het hom gegee as ’n offer sodat dié wat geloof in sy bloed stel,+ met God versoen kan word.+ Dit was sodat God sy eie regverdigheid kon toon, want hy was geduldig* en het die sondes vergewe wat in die verlede gepleeg is.
15 Hierdie woorde is betroubaar en verdien om ten volle aanvaar te word: Christus Jesus het in die wêreld ingekom om sondaars te red,+ en ek is die ergste van hulle almal.+
17 Gevolglik moes hy in alle opsigte soos sy “broers” word.+ So kon hy ’n genadige en getroue hoëpriester in die diens van God word om ’n versoeningsoffer+ vir die sondes van die volk te bring.+
24 Hy het ons sondes in sy eie liggaam aan die paal* gedra,+ sodat ons dood sou wees vir* sonde en kan lewe vir regverdigheid. En “deur sy wonde is julle genees”.+
10 Hierdie liefde beteken die volgende: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat hy ons liefgehad het en dat hy sy Seun gestuur het as ’n versoeningsoffer+ vir ons sondes.+