Jesaja
36 In die 14de jaar van koning Hiskiʹa het Sanʹherib, die koning van Assiʹrië,+ teen al die versterkte stede van Juda opgetrek en hulle ingeneem.+ 2 Die koning van Assiʹrië het die Rabʹsake*+ toe met ’n groot leërmag van Lagis+ af na koning Hiskiʹa in Jerusalem gestuur. Hulle het gaan staan by die kanaal van die boonste dam,+ wat langs die grootpad van die wassersveld is.+ 3 Toe het Eljaʹkim,+ die seun van Hilkiʹa, wat oor die huishouding* was, Sebna,+ die sekretaris, en Joag, die seun van Asaf, die geskiedskrywer, na hom toe uitgekom.
4 Toe het die Rabʹsake vir hulle gesê: “Sê asseblief vir Hiskiʹa: ‘Dít is wat die groot koning, die koning van Assiʹrië, sê: “Hoekom is jy so vol vertroue?+ 5 Jy sê: ‘Ek het ’n strategie en die mag om oorlog te voer,’ maar dit is leë woorde. Op wie vertrou jy dat jy dit waag om teen my in opstand te kom?+ 6 Jy vertrou op Egipte, daardie geknakte riet, wat ’n gat dwarsdeur ’n mens se hand sal steek as jy daarop leun. Dít is hoe Farao, die koning van Egipte, is vir almal wat op hom vertrou.+ 7 Maar dalk sal julle vir my sê: ‘Ons vertrou op Jehovah ons God.’ Is dit dan nie sy offerhoogtes en altare wat Hiskiʹa verwyder het nie,+ terwyl hy vir Juda en Jerusalem sê: ‘Julle moet voor hierdie altaar neerbuig’?”’+ 8 Aanvaar dan nou asseblief hierdie uitdaging van my heer, die koning van Assiʹrië:+ Ek sal vir jou 2 000 perde gee as jy genoeg ruiters vir hulle kan vind. 9 Hoe sou jy dan selfs een van my heer se onbelangrikste goewerneurs kan terugdryf as jy op Egipte moet vertrou vir strydwaens en vir ruiters? 10 En dink jy dat ek sonder Jehovah se toestemming teen hierdie land opgetrek het om dit te verwoes? Dit was Jehovah wat vir my gesê het: ‘Trek op teen hierdie land en verwoes dit.’”
11 Toe het Eljaʹkim, Sebna+ en Joag vir die Rabʹsake+ gesê: “Praat asseblief met u knegte in die Aramese* taal,+ want ons verstaan dit. Moenie in die taal van die Jode met ons praat nie, want die mense op die muur kan hoor wat ons sê.”+ 12 Maar die Rabʹsake het gesê: “Dink julle dat my heer my net na julle heer en na julle toe gestuur het om hierdie dinge te sê? Hierdie boodskap is ook bedoel vir die manne wat op die muur sit, wat hulle eie ontlasting sal eet en hulle eie urine sal drink, net soos julle.”
13 Daarna het die Rabʹsake met ’n harde stem in die taal van die Jode+ uitgeroep: “Hoor wat die groot koning, die koning van Assiʹrië, sê.+ 14 Dít is wat die koning sê: ‘Moenie dat Hiskiʹa julle bedrieg nie, want hy kan julle nie red nie.+ 15 En moenie dat Hiskiʹa julle op Jehovah laat vertrou nie+ deur te sê: “Jehovah sal ons vir seker red. Hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assiʹrië gegee word nie.” 16 Moenie na Hiskiʹa luister nie, want dít is wat die koning van Assiʹrië sê: “Maak vrede met my en gee julle aan my oor. Dan sal elkeen van julle van sy eie wingerdstok en van sy eie vyeboom eet en die water van sy eie reënput drink, 17 totdat ek kom en julle na ’n land neem soos julle land,+ ’n land van graan en nuwe wyn, ’n land van brood en wingerde. 18 Moenie deur Hiskiʹa mislei word nie, want hy sê: ‘Jehovah sal ons red.’ Het enige van die gode van die nasies sy land uit die hand van die koning van Assiʹrië gered?+ 19 Waar is die gode van Hamat en Arpad?+ Waar is die gode van Sefarwaʹim?+ En het hulle Samariʹa uit my hand gered?+ 20 Kon enigeen van die gode van daardie lande hulle land uit my hand red? Sal Jehovah Jerusalem dan uit my hand kan red?”’”+
21 Maar hulle het stilgebly en hom nie geantwoord nie, want die koning het hulle beveel om hom nie te antwoord nie.+ 22 Eljaʹkim, die seun van Hilkiʹa, wat oor die huishouding* was, Sebna,+ die sekretaris, en Joag, die seun van Asaf, die geskiedskrywer, het met geskeurde klere na Hiskiʹa toe gegaan en hom vertel wat die Rabʹsake gesê het.