Jesaja
59 Kyk! Die hand van Jehovah is nie te kort om te red nie,+
en sy ore is nie toe sodat hy nie kan hoor nie.+
2 Julle eie oortredings het julle van julle God geskei.+
Julle sondes het veroorsaak dat hy sy gesig van julle af wegdraai,
en hy weier om na julle te luister.+
Julle lippe vertel leuens,+ en uit julle mond kom slegte dinge.
4 Niemand roep uit ter wille van regverdigheid nie,+
en niemand praat die waarheid wanneer hy hof toe gaan nie.
Hulle vertrou op iets wat nie bestaan nie*+ en praat oor waardelose dinge.
Hulle beplan verkeerde dinge, en daarom doen hulle wat sleg is.+
Enigiemand wat hulle eiers eet, sal sterf,
en uit die eier wat stukkend gedruk is, sal ’n adder kom.
6 Hulle kan nie hulle spinnerak as ’n kledingstuk gebruik nie,
en hulle kan hulle nie bedek met wat hulle maak nie.+
Hulle doen skadelike dinge,
en hulle hande is vol geweld.+
Hulle gedagtes is skadelike gedagtes.
Hulle veroorsaak verwoesting en laat mense ly.+
Hulle maak hulle paaie krom.
Niemand wat hulle volg, sal vrede vind nie.+
9 Daarom is geregtigheid ver van ons af
en bereik regverdigheid ons nie.
Ons bly hoop op lig, maar kyk! daar is duisternis,
en op helder lig, maar ons pad bly donker.+
10 Soos blindes loop ons voel-voel al langs die muur.
Ons steek ons hande uit soos dié wat nie oë het nie.+
Ons struikel in die middel van die dag asof dit nag is.
Onder die sterkes is ons net soos die dooies.
11 Ons almal grom aanhoudend soos bere,
en soos duiwe bly ons droewig koer.
Ons hoop op geregtigheid, maar dit is nie daar nie,
op redding, maar dit is ver van ons af.
12 Want ons het dikwels teen u in opstand gekom.+
Elkeen van ons sondes getuig teen ons.+
Want ons besef hoe opstandig ons was,
en ons is bewus van ons oortredings.+
13 Ons het oortree en was ontrou aan Jehovah.
Ons het ons rug gedraai op ons God.
Ons het van onderdrukking en opstand gepraat.+
Ons het in ons hart leuens uitgedink en dit versprei.+
Niemand praat die waarheid* op die openbare plein nie,
en daar is nie plek vir eerlikheid nie.
16 Hy het gesien dat daar niemand was nie,
en hy was verstom dat niemand tussenbeide getree het nie.
Daarom het hy redding* gebring,
en sy regverdigheid het hom beweeg om op te tree.
18 Hy sal hulle hulle verdiende loon gee:+
woede vir sy teenstanders, straf vir sy vyande.+
En hy sal die eilande terugbetaal vir wat hulle gedoen het.
19 Waar die son ondergaan, sal hulle die naam van Jehovah vrees,
en waar die son opkom, sal hulle hom verheerlik,
want hy sal kom soos ’n magtige rivier
wat deur die gees van Jehovah aangedryf word.
20 “Die Terugkoper+ sal na Sion kom,+
na dié in Jakob wat ophou om goddelose dinge te doen,”+ sê Jehovah.
21 “Wat my betref,” sê Jehovah, “dít is my verbond met hulle:+ My gees wat op jou is en die woorde wat ek aan jou gegee het om oor te dra, sal van nou af en tot in alle ewigheid nie weggeneem word van jou, van jou kinders* of van jou kleinkinders* nie,” sê Jehovah.