Spreuke
31 Die woorde van koning Lemʹuel, die belangrike boodskap wat sy ma gegee het om hom te onderrig:+
2 Wat moet ek vir jou sê, o my seun,
my seun wat ek in die wêreld gebring het?
Ja, wat moet ek sê, o seun van my geloftes?+
4 Dit is nie gepas vir konings nie, Lemʹuel,
dit is nie gepas vir konings om wyn te drink
of vir heersers om te vra: “Waar is my drankie?” nie,+
5 sodat hulle nie drink en die wet vergeet
en die regte van die armes vertrap nie.
7 Laat hulle drink en hulle armoede vergeet.
Laat hulle nie meer aan hulle probleme dink nie.
8 Praat namens dié wat nie self kan praat nie.
Verdedig die regte van almal wat naby die dood is.+
9 Praat, en oordeel regverdig.
Verdedig die regte van die hulpeloses en die armes.+
א [Alef]
10 Wie kan ’n goeie vrou vind?+
Sy is baie meer werd as korale.*
ב [Bet]
11 Haar man vertrou haar met sy hele hart,
en hy kom niks kort nie.
ג [Gimel]
12 Sy laat dit goed gaan met hom, nie sleg nie,
al die dae van haar lewe.
ד [Dalet]
ה [He]
ו [Waw]
15 Sy staan op terwyl dit nog nag is
en gee kos vir haar huisgesin
en vir haar diensmeisies hulle deel.+
ז [Zajin]
16 Nadat sy dit deeglik oorweeg het, koop sy ’n stuk grond,
en sy plant ’n wingerd van wat sy verdien het.*
ח [Get]
ט [Tet]
18 Sy sien dat sy wins maak,
en haar lamp gaan nie uit in die nag nie.
י [Jod]
כ [Kaf]
ל [Lamed]
21 Sy is nie bekommerd oor haar huisgesin as dit sneeu nie,
want haar hele huisgesin het warm* klere.
מ [Mem]
22 Sy maak haar eie beddegoed.
Haar klere is van linne en pers wol gemaak.
נ [Noen]
ס [Samek]
24 Sy maak en verkoop linneklere,
en voorsien belde aan die handelaars.
ע [Ajin]
פ [Pe]
צ [Tsade]
ק [Kof]
28 Haar kinders staan op en noem haar gelukkig.
Haar man staan op en prys haar.
ר [Resj]
29 Daar is baie goeie vrouens,
maar jy – jy oortref hulle almal.
ש [Sjin]
30 Sjarme kan misleidend wees, en ’n mooi voorkoms hou nie vir altyd nie,+
maar die vrou wat Jehovah vrees, sal geprys word.+
ת [Taw]