Die eerste brief aan Timoteus
5 Moenie ’n ouer man skerp kritiseer nie.+ Gee hom eerder raad asof hy jou pa is. Behandel jonger mans soos broers, 2 ouer vrouens soos ma’s, jonger vrouens soos susters, met ’n rein hart.*
3 Sorg vir* weduwees wat werklik weduwees is.*+ 4 Maar as ’n weduwee kinders of kleinkinders het, moet hulle eers leer om toegewydheid aan God in hulle eie huisgesin te betoon.+ Hulle moet hulle ouers en grootouers die sorg gee wat hulle toekom,+ want dit is goed in God se oë.+ 5 Die vrou wat werklik ’n weduwee is en behoeftig agtergelaat is, het haar hoop op God gestel+ en hou dag en nag aan om smeekgebede en gebede te doen.+ 6 Maar die weduwee wat lewe net om haar begeertes* te bevredig, is dood, al lewe sy. 7 Hou dus aan om hierdie instruksies* te gee, sodat niemand iets teen hulle kan sê nie. 8 Ja, as iemand nie vir sy eie mense sorg nie, veral nie vir lede van sy huisgesin nie, het hy die geloof verwerp en is hy erger as iemand sonder geloof.*+
9 ’n Weduwee moet op die lys gesit word as sy ten minste 60 jaar oud is, die vrou van een man was, 10 bekend staan vir haar goeie werke,+ kinders grootgemaak het,+ gasvry was,+ die voete van heiliges gewas het,+ dié gehelp het wat swaarkry+ en elke goeie werk ywerig gedoen het.
11 Moet egter nie jonger weduwees op die lys sit nie, want wanneer hulle seksuele begeertes tussen hulle en die Christus kom, wil hulle trou. 12 En hulle sal oordeel oor hulleself bring omdat hulle die belofte wat hulle voorheen gemaak het,* verbreek het. 13 Terselfdertyd kom hulle in die gewoonte om hulle tyd te mors. Hulle gaan van die een huis ná die ander en mors nie net hulle tyd nie, maar skinder ook en meng in ander mense se sake in+ en praat oor dinge waaroor hulle nie behoort te praat nie. 14 Daarom wil ek hê dat die jonger weduwees moet trou,+ kinders kry,+ vir ’n huishouding sorg en die teenstander geen geleentheid gee om te kritiseer nie. 15 Om die waarheid te sê, party het alreeds weggedraai en Satan begin volg. 16 As ’n gelowige vrou familielede het wat weduwees is, moet sy hulle help, sodat die gemeente nie die las hoef te dra nie. Dan kan die gemeente dié help wat werklik weduwees is.*+
17 Die ouermanne wat goeie leiding gee,+ verdien dubbele eer,+ veral dié wat hard werk in woord en onderrigting.+ 18 Want die Skrif sê: “Jy mag nie ’n bul se bek toebind wanneer hy op die dorsvloer werk nie”,+ en dit sê ook: “Die werker is sy loon werd.”+ 19 Moenie ’n beskuldiging teen ’n ouer man* aanvaar as daar nie twee of drie getuies is nie.+ 20 Jy moet dié wat sonde beoefen, voor almal teregwys+ as ’n waarskuwing vir die res.* 21 Ek beveel jou ernstig voor God en Christus Jesus en die engele wat uitgekies is: Gehoorsaam hierdie instruksies sonder om bevooroordeeld of partydig te wees.+
22 Moet nooit haastig wees om jou hande op enigiemand te lê nie,*+ en moenie ’n deel hê aan die sondes van ander nie. Bly sedelik rein.*
23 Moenie langer water drink nie,* maar drink ’n bietjie wyn vir jou maag en omdat jy so dikwels siek is.
24 Die sondes van party mense is algemeen bekend, en hulle word dadelik geoordeel, maar die sondes van ander word later bekend.+ 25 Net so is party goeie werke algemeen bekend,+ en selfs goeie werke wat nie algemeen bekend is nie, kan nie weggesteek word nie.+