Spreuke
29 ’n Man wat hardkoppig bly nadat hy herhaaldelik tereggewys is,+
sal skielik tot ’n val kom en geen hoop op genesing hê nie.+
3 ’n Man wat wysheid liefhet, maak sy pa bly,+
maar die een wat met prostitute assosieer, vermors sy rykdom.+
4 Deur geregtigheid bring ’n koning stabiliteit in ’n land,+
maar ’n man wat omkoopgeskenke wil hê, verwoes dit.
7 Die regverdige is besorg oor die regte van die armes,+
maar die goddelose is glad nie besorg daaroor nie.+
9 Wanneer ’n wyse man ’n saak maak teen ’n dwaas,
sal daar ’n geskree en ’n gespot wees, maar daar sal geen oplossing wees nie.+
13 Die arm man en die onderdrukker het die volgende in gemeen:
Jehovah gee hulle albei lewe.*
15 Die lat* en teregwysing gee wysheid,+
maar ’n kind wat aan homself oorgelaat word, steek sy ma in die skande.
16 Hoe meer goddeloses daar is, hoe meer oortredings is daar,
maar die regverdiges sal die ondergang van die goddeloses sien.+
20 Het jy ’n man gesien wat praat sonder om te dink?*+
Daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir hom.+
21 As ’n kneg van jongs af bederf word,
sal hy later ondankbaar word.
22 ’n Man wat gou kwaad word, maak moeilikheid,+
en iemand wat geneig is om woedend te word, begaan baie oortredings.+
24 Die handlanger van ’n dief haat homself.
Al hoor hy dat getuies geroep word,* sê hy niks.+
26 Baie wil hulle saak aan ’n heerser stel,*
maar Jehovah sorg dat ’n mens geregtigheid kry.+