Psalms
Vir die musiekleier. ’n Lied. ’n Melodie.
66 Loof God en roep van vreugde uit, almal op aarde.+
2 Sing liedere* om sy glorieryke naam te loof.
Gee hom heerlikheid en prys hom.+
3 Sê vir God: “Hoe ontsagwekkend is u werke tog!+
As gevolg van u groot krag
sal u vyande voor u kruip.+
4 Die hele aarde sal voor u neerbuig.+
Hulle sal lofliedere vir u sing.
Hulle sal liedere sing om u naam te loof.”+ (Sela)
5 Kom en sien die werke van God.
Sy dade vir die mensekinders is ontsagwekkend.+
6 Hy het die see in droë land verander.+
Hulle het te voet deur die rivier gegaan.+
Daar was ons bly as gevolg van hom.+
7 Hy regeer vir ewig+ deur sy mag.
Hy hou sy oog op die nasies.+
Dié wat hardkoppig is, moenie op ander neersien nie.+ (Sela)
Hy laat nie toe dat ons voete struikel* nie.+
10 Want u het ons ondersoek, o God.+
Soos silwer gesuiwer word, so het u ons gesuiwer.
11 U het ons in ’n vangnet laat beland.
U het ’n swaar las op ons* geplaas.
12 U het toegelaat dat die sterflike mens oor ons* ry.
Ons het deur vuur en deur water gekom.
Toe het u ons na ’n plek van verligting gebring.
13 Ek sal met heelbrandoffers in u huis ingaan.+
Ek sal my geloftes aan u betaal+
en wat my mond gesê het toe ek in groot moeilikheid was.
15 Ek sal vetgemaakte diere as heelbrandoffers aan u bring,
saam met die rook van skaapramme wat geoffer word.
Ek sal bulle saam met bokramme offer. (Sela)
17 Ek het tot hom geroep met my mond
en hom verheerlik met my tong.
Hy het aandag geskenk aan my gebed.+
20 Mag God geloof word, wat my gebed nie verwerp het nie
en sy lojale liefde nie van my teruggehou het nie.