Rut
2 Naoʹmi het ’n baie ryk familielid aan haar man se kant gehad. Sy naam was Boas,+ en hy was familie van Elimeʹleg.
2 Rut, die Moabitiese vrou, het vir Naoʹmi gesê: “Laat my asseblief na die landerye gaan en graanare optel+ agter enigiemand wat my sal toelaat om dit te doen.” Naoʹmi het vir haar gesê: “Gaan, my dogter.” 3 Toe het sy gegaan en op die landerye are begin optel agter die snyers aan. Sy het toevallig by ’n stuk grond uitgekom wat behoort het aan Boas,+ Elimeʹleg+ se familielid. 4 Op daardie oomblik het Boas daar aangekom van Betlehem af en vir die snyers gesê: “Mag Jehovah met julle wees.” Hulle het geantwoord: “Mag Jehovah u seën.”
5 Boas het toe vir die jong man wat oor die snyers aangestel was, gevra: “Aan wie behoort hierdie jong vrou?” 6 Die jong man het geantwoord: “Die jong vrou is ’n Moabiet+ wat saam met Naoʹmi uit die gebied van Moab teruggekeer het.+ 7 Sy het gevra: ‘Mag ek asseblief van die afgesnyde graanare* optel+ wat die snyers agtergelaat het?’ En sy was van vanoggend af nog die hele tyd op haar voete. Sy het nou eers vir ’n klein rukkie onder die skuiling gaan sit en rus.”
8 Toe het Boas vir Rut gesê: “Luister, my dogter. Moenie op ’n ander landery gaan graanare optel nie, en moet nêrens anders gaan nie. Bly naby my diensmeisies.+ 9 Kyk waar hulle op die landery oes en volg hulle. Ek het die jong manne beveel om nie aan jou te raak nie.* Wanneer jy dors is, moet jy na die waterhouers gaan en van die water drink wat die jong manne gaan haal het.”
10 Toe het sy met haar gesig na die grond toe neergebuig en vir hom gevra: “Hoekom is u so goed vir my, en hoekom skenk u aandag aan my, al is ek ’n uitlander?”+ 11 Boas het haar geantwoord: “Die mense het my alles vertel wat jy ná die dood van jou man vir jou skoonma gedoen het en hoe jy jou pa en jou ma en jou geboorteland verlaat het om na ’n volk te gaan wat jy nie voorheen geken het nie.+ 12 Mag Jehovah jou beloon vir wat jy gedoen het,+ en mag daar vir jou ’n volmaakte beloning* wees van Jehovah, die God van Israel, onder wie se vlerke jy beskerming kom soek het.”+ 13 Toe het sy gesê: “U was baie goed vir my, my heer, want u het my vertroos en gerusstellend met* u slavin gepraat, al is ek nie eers een van u diensmeisies nie.”
14 Teen etenstyd het Boas vir haar gesê: “Kom eet van die brood en doop ’n stukkie in die asyn.” Toe het sy langs die snyers gaan sit. Daarna het hy vir haar geroosterde graan gegee. Sy het geëet totdat sy genoeg gehad het, en sy het nog daarvan oorgehad. 15 Toe sy opstaan om weer graanare op te tel,+ het Boas sy jong manne beveel: “Laat haar are optel selfs tussen die afgesnyde graan,* en moet haar nie lastig val nie.+ 16 Trek ook van die are uit die bondels uit en laat dit daar lê sodat sy dit kan optel, en moet niks sê om haar te keer nie.”
17 Sy het tot die aand toe are op die landery bly optel.+ Toe sy dit uitslaan, was daar ongeveer ’n efa* gars. 18 Daarna het sy dit geneem en in die stad ingegaan, en haar skoonma het gesien wat sy opgetel het. Rut het ook die kos uitgehaal wat sy ná die ete oorgehad het,+ en sy het dit vir haar gegee.
19 Haar skoonma het toe vir haar gesê: “Waar het jy vandag are opgetel? Waar het jy gewerk? Mag die een wat aandag aan jou geskenk het, geseën word.”+ Toe het sy vir haar skoonma vertel by wie sy gewerk het en gesê: “Die naam van die man by wie ek vandag gewerk het, is Boas.” 20 Naoʹmi het toe vir haar skoondogter gesê: “Mag hy geseën word deur Jehovah, wat nie opgehou het om lojale liefde aan die lewendes en die dooies te betoon nie.”+ Naoʹmi het verder gesê: “Die man is een van ons familielede.+ Hy is een van ons terugkopers.”*+ 21 Toe het Rut, die Moabitiese vrou, gesê: “Hy het ook vir my gesê: ‘Bly naby my jongmense totdat hulle my hele oes ingesamel het.’”+ 22 Naoʹmi het vir haar skoondogter Rut gesê: “Dit is beter, my dogter, om uit te gaan saam met sy diensmeisies as om op ’n ander landery lastig geval te word.”
23 En sy het naby Boas se diensmeisies gebly en are opgetel totdat die gars-oes+ en die koringoes tot ’n einde gekom het. En sy het by haar skoonma bly woon.+