Job
34 Eliʹhu het verder gesê:
2 “Luister na my woorde, julle wyse manne.
Hoor wat ek sê, julle wat baie kennis het.
4 Laat ons vasstel wat reg is.
Laat ons besluit wat goed is.
6 Moet ek lieg en sê dat ek skuldig is?
My wond is ongeneeslik, al het ek nie gesondig nie.’+
7 Is daar nog ’n man soos Job,
wat beledigings drink asof dit water is?
10 Luister dus na my, julle wat insig* het:
Die ware God sal nooit goddeloos optree nie!+
Die Almagtige sal nooit verkeerd doen nie!+
12 God tree beslis nie goddeloos op nie.+
Die Almagtige is nooit onregverdig nie.+
13 Wie het hom beheer oor die aarde gegee?
En wie het hom oor die hele wêreld aangestel?
14 As hy teen die mensdom draai
en besluit om hulle gees en asem weg te neem,+
15 sal alle mense saam sterf
en tot die stof terugkeer.+
16 As jy dus insig het, luister tog hierna.
Luister mooi na wat ek sê.
17 Kan iemand regeer as hy geregtigheid haat?
Of sal jy ’n magtige persoon wat regverdig is, veroordeel?
18 Sal jy vir ’n koning sê: ‘Jy is niks werd nie’?
Of sal jy vir belangrike mense sê: ‘Julle is goddeloos’?+
19 God trek leiers nie voor nie
en hy gee nie die rykes meer aandag as die armes nie,+
want hulle almal is die werk van sy hande.+
20 Hulle kan skielik sterf,+ in die middel van die nag.+
Hulle bewe van vrees en sterf.
Selfs die magtiges word verwyder, maar nie deur mensehande nie.+
23 Want God stel nie vir enige mens ’n tyd vas
om voor hom te verskyn om geoordeel te word nie.
24 Hy vernietig magtiges sonder dat hy ondersoek hoef in te stel,
en hy stel ander in hulle plek aan.+
25 Want hy weet wat hulle doen.+
In die nag bring hy hulle tot ’n val, en hulle word vernietig.+
Hulle steur hulle glad nie aan wat hy wil hê nie.+
28 Hulle veroorsaak dat die armes hom smeek om hulle te help,
en hy hoor die geroep van die hulpeloses.+
29 Wie kan God veroordeel wanneer hy stilbly?
Wie kan hom sien wanneer hy hom verberg?
Hetsy vir ’n nasie of vir ’n mens, die resultaat is dieselfde:
31 Want niemand sal tog vir God sê:
‘Ek is gestraf, hoewel ek niks verkeerds gedoen het nie.+
32 Wys my as daar iets is wat ek nie sien nie.
As ek iets verkeerds gedoen het, sal ek dit nie weer doen nie.’
33 Moet hy jou op jou voorwaardes vergoed, terwyl jy sy oordeel verwerp?
Jy moet besluit, nie ek nie.
Sê vir my wat jy weet.
35 ‘Job weet nie waarvan hy praat nie.+
Hy praat sonder insig.’
37 Hy voeg opstandigheid ook nog by sy sondes.+
Hy klap sy hande
en sê baie dinge teen die ware God!”+