Die eerste brief van Petrus
5 As ’n mede-ouerman en ’n getuie van hoe die Christus gely het en as iemand wat ook die heerlikheid gaan ontvang wat geopenbaar gaan word,+ vra ek dus die ouermanne onder julle dringend: 2 Wees herders vir die kudde van God+ wat onder julle sorg is en dien as opsieners,* nie omdat julle gedwing word nie, maar gewillig, volgens God se wil,+ en ook nie uit liefde vir oneerlike wins nie,+ maar gretig. 3 Moet ook nie baasspeel oor dié wat God se erfdeel is nie,+ maar word voorbeelde vir die kudde.+ 4 En wanneer die hoofherder+ geopenbaar word, sal julle die glorieryke kroon ontvang wat nie kan vergaan nie.+
5 Net so moet julle, die jonger mans, onderdanig wees aan die ouer mans.*+ Maar julle almal moet nederig wees teenoor mekaar,* want God staan die hoogmoediges teë, maar hy gee onverdiende goedheid aan die nederiges.+
6 Onderwerp julle nederig aan die magtige hand van God, sodat hy julle op die regte tyd kan verheerlik.+ 7 Gee al julle bekommernisse oor aan God,+ want hy gee om vir julle.*+ 8 Bly helder van verstand, bly wakker!+ Julle teenstander, die Duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.+ 9 Maar weerstaan hom+ en bly standvastig in die geloof, omdat julle weet dat die hele gemeenskap van julle broers* in die wêreld op dieselfde manier ly.+ 10 Maar nadat julle ’n klein rukkie gely het, sal die God van alle onverdiende goedheid, wat julle geroep het om in eenheid met Christus te wees en om ewige eer te ontvang,+ self julle opleiding voltooi. Hy sal julle standvastig maak,+ hy sal julle sterk maak,+ hy sal julle ’n stewige fondament gee. 11 Aan hom behoort die mag vir ewig. Amen.
12 Deur Silvaʹnus,*+ wat ek as ’n getroue broer beskou, het ek met min woorde aan julle geskryf om julle aan te moedig en om ’n ernstige getuienis te gee dat die onverdiende goedheid wat God teenoor julle betoon het, opreg is. Staan vas daarin. 13 Sy wat in Babilon is, wat net soos julle uitgekies is, stuur vir julle groete, en so ook Markus,+ my seun. 14 Groet mekaar met ’n liefdevolle soen.
Mag julle almal wat in eenheid met Christus is, vrede hê.