Die eerste boek van Samuel
26 Later het die manne van Sif+ na Saul toe gekom in Giʹbea+ en gesê: “Dawid kruip weg op die heuwel Hagiʹla oorkant Jeʹsimon.”*+ 2 Saul het saam met 3 000 van die beste vegters van Israel na die wildernis van Sif+ gegaan om na Dawid te soek. 3 Saul het langs die pad kamp opgeslaan op die heuwel Hagiʹla, oorkant Jeʹsimon. Dawid het op daardie stadium in die wildernis gewoon, en hy het uitgevind dat Saul in die wildernis agter hom aan gekom het. 4 Dawid het dus spioene gestuur om te bevestig dat Saul wel gekom het. 5 Later het Dawid na die plek gegaan waar Saul kamp opgeslaan het, en Dawid het die plek gesien waar Saul en Abner,+ die seun van Ner, die hoof van sy leërmag, gelê en slaap het. Saul het in die kamp gelê en slaap met die manne reg rondom hom. 6 Toe het Dawid vir Ahimeʹleg, die Hetiet,+ en Abiʹsai,+ die seun van Seruʹja,+ die broer van Joab, gevra: “Wie sal saam met my na Saul in die kamp gaan?” Abiʹsai het geantwoord: “Ek sal saam met jou gaan.” 7 Dawid en Abiʹsai het dus in die nag na Saul se kamp toe gegaan. Hulle het Saul gevind waar hy in die kamp gelê en slaap het, en sy spies was langs sy kop in die grond gesteek. Abner en die manne het rondom hom gelê.
8 Abiʹsai het toe vir Dawid gesê: “God het vandag jou vyand in jou hand gegee.+ Laat ek hom asseblief net een keer met die spies teen die grond vaspen. Ek sal dit nie twee keer hoef te doen nie.” 9 Maar Dawid het vir Abiʹsai gesê: “Moet hom nie seermaak nie, want wie kan sy hand vir die gesalfde van Jehovah+ lig en onskuldig bly?”+ 10 Dawid het verder gesê: “So waar as wat Jehovah lewe, Jehovah sal hom doodmaak,+ of sy dag sal kom+ en hy sal sterf, of hy sal in die oorlog doodgemaak word.+ 11 Omdat ek weet hoe Jehovah daaroor voel, sal ek nie eers daaraan dink om my hand vir die gesalfde van Jehovah+ te lig nie! Neem dan nou asseblief die spies langs sy kop en die waterkruik, en laat ons gaan.” 12 Dawid het die spies en die waterkruik langs Saul se kop geneem, en toe het hulle gegaan. Niemand het iets gesien+ of agtergekom of wakker geword nie. Hulle almal was aan die slaap, want Jehovah het ’n diep slaap oor hulle laat kom. 13 Toe het Dawid na die ander kant toe gegaan en ver weg op die top van die berg gestaan, sodat daar ’n groot afstand tussen hom en Saul was.
14 Dawid het na die soldate en na Abner,+ die seun van Ner, geroep en gesê: “Abner, antwoord my!” Abner het geantwoord: “Wie is dit wat so na die koning roep?” 15 Dawid het vir Abner gesê: “Watter soort man is jy? Daar is mos niemand soos jy in Israel nie. Hoekom het jy dan nie oor jou heer die koning wag gehou nie? Want een van die soldate het ingekom om jou heer, die koning, dood te maak.+ 16 Jy het nie jou werk gedoen nie. So waar as wat Jehovah lewe, julle verdien om te sterf, want julle het nie oor julle heer, die gesalfde van Jehovah,+ wag gehou nie. Waar is die koning se spies en die waterkruik+ wat langs sy kop was? Gaan kyk ’n bietjie!”
17 Saul het Dawid se stem herken en gevra: “Is dit jou stem, my seun Dawid?”+ Dawid het geantwoord: “Ja, my heer die koning.” 18 Hy het bygevoeg: “Hoekom jaag my heer agter sy kneg aan?+ Wat het ek gedoen, en waaraan is ek skuldig?+ 19 My heer die koning, luister asseblief na u kneg: As dit Jehovah is wat u teen my aangehits het, laat hy dan my graanoffer aanvaar.* Maar as mense u teen my aangehits het,+ is hulle vervloek voor Jehovah, want hulle het my vandag uit Jehovah se erfdeel weggejaag.+ Dit is asof hulle vir my sê: ‘Gaan dien ander gode!’ 20 Moenie my bloed ver weg van die teenwoordigheid van Jehovah op die grond laat val nie, want die koning van Israel het na ’n enkele vlooi gaan soek,+ asof hy ’n patrys op die berge jaag.”
21 Toe het Saul gesê: “Ek het gesondig.+ Kom terug, my seun Dawid, want ek sal nie meer enigiets slegs aan jou probeer doen nie, want vandag het jy bewys dat my lewe vir jou kosbaar is.+ Ja, ek het onverstandig opgetree en ’n groot fout gemaak.” 22 Dawid het geantwoord: “Hier is die koning se spies. Laat een van die jong manne dit kom haal. 23 Jehovah sal elkeen beloon vir sy eie regverdigheid+ en sy eie getrouheid. Vandag het Jehovah u in my hand gegee, maar ek wou nie my hand lig vir die gesalfde van Jehovah nie.+ 24 Mag my lewe vir Jehovah net so kosbaar wees soos u lewe vandag vir my kosbaar was, en mag hy my uit alle moeilikhede red.”+ 25 Saul het vir Dawid gesê: “Mag jy geseën word, my seun Dawid. Jy sal nog groot dinge doen, en jy sal beslis suksesvol wees.”+ Toe het Dawid vertrek, en Saul het na sy huis teruggegaan.+