Spreuke
23 As jy by ’n koning gaan eet,
moet jy mooi kyk na wat voor jou is.
3 Moenie sy lekker kos begeer nie,
want dit kan jou bedrieg.
4 Moenie jouself uitput om rykdom te verkry nie.+
Hou op en wees eerder verstandig.*
5 Terwyl jy nog daarna kyk, verdwyn dit,+
want dit sal vlerke kry soos dié van ’n arend en wegvlieg.+
6 Moenie ’n suinige persoon se kos eet nie.
Moenie sy lekker kos begeer nie.
7 Want hy is soos iemand wat boekhou van alles.*
“Eet en drink,” sê hy vir jou, maar hy bedoel dit nie.
8 Wat jy geëet het, sal jy opgooi,
en jou komplimente sou verniet gewees het.
10 Moenie ’n grensmerker verskuif wat lank gelede daar gesit is nie+
of grond van weeskinders neem nie.
11 Want hulle Verlosser* is sterk.
Hy sal hulle saak teen jou verdedig.+
12 Maak jou hart oop vir dissipline,
en skenk aandag aan die woorde van kennis.
13 Moenie dissipline terughou van ’n kind* nie.+
As jy hom slaan,* sal hy nie sterf nie.
19 Luister, my seun, en word wys,
en laat jou hart die regte weg volg.
21 want ’n dronkaard en ’n vraat sal arm word,+
en slaperigheid sal ’n mens stukkende klere laat dra.
22 Luister na jou pa wat jou geboorte veroorsaak het,
en moenie neersien op jou ma net omdat sy oud geword het nie.+
24 Die pa van ’n regverdige sal vir seker vreugdevol wees.
Die pa van ’n wyse seun sal bly wees oor hom.
25 Jou pa en jou ma sal vreugdevol wees,
en sy wat aan jou geboorte gegee het, sal bly wees.
28 Sy lê en wag soos ’n rower.+
Sy laat die een man ná die ander ontrou word.
29 Wie kla en kerm? Wie voel onrustig?
Wie stry heeltyd? Wie het klagtes?
Wie het wonde sonder rede? Wie het dowwe oë?
31 Moenie na die wyn se rooi kleur kyk,
terwyl dit in die beker vonkel en glad afgly nie,
32 want op die ou end byt dit soos ’n slang
en skei dit gif af soos ’n adder.
34 En jy sal soos iemand wees wat op die oop see lê,
soos iemand wat bo-op ’n skip se mas lê.
35 Jy sal sê: “Hulle het my geslaan, maar ek het dit nie* gevoel nie.
Hulle het my hard geslaan, maar ek het dit nie geweet nie.
Wanneer sal ek wakker word?+
Ek het nog ’n drankie nodig.”