Psalms
Van Dawid. ’n Melodie.
2 Ek sal op ’n onberispelike wyse oordeelkundig handel.+
Wanneer sal u na my toe kom?+
Ek sal in my huis in die onkreukbaarheid van my hart wandel.+
3 Ek sal geen waardelose ding voor my oë stel nie.+
Die dade van die afvalliges het ek gehaat;+
Dit kleef my nie aan nie.+
5 Wie sy metgesel in die geheim belaster,+
Hom bring ek tot swye.+
Wie hoogmoedig van oë en trots van hart is,+
Hom kan ek nie verdra nie.+
6 My oë is op die getroues van die aarde,+
Sodat hulle by my kan woon.+
Wie op ’n onberispelike wyse wandel,+
Hy sal my dien.+