2 Waarom was die nasies in beroering+
En het die volksgroepe iets leegs bly mompel?+
2 Die konings van die aarde neem stelling in+
En die hoë amptenare het soos een man saamgespan+
Teen Jehovah+ en teen sy gesalfde+
3 En gesê: “Laat ons hulle bande stukkend skeur+
En hulle toue van ons afwerp!”+
4 Hy wat in die hemel sit,+ sal lag;
Jehovah sal hulle bespot.+
5 In dié tyd sal hy hulle in sy toorn aanspreek,+
En in sy brandende misnoeë sal hy hulle ontstel+
6 En sê: “Ek, ja ek, het my koning ingehuldig+
Op Sion,+ my heilige berg.”+
7 Laat my na die verordening van Jehovah verwys;
Hy het vir my gesê: “Jy is my seun;+
Ék het vandag jou vader geword.+
8 Vra my,+ sodat ek nasies as jou erfdeel kan gee+
En die eindes van die aarde as jou besitting.+
9 Jy sal hulle met ’n ystersepter breek,+
Asof hulle ’n pottebakkershouer is, sal jy hulle stukkend slaan.”+
10 En nou, o konings, tree met insig op;
Laat julle teregwys, o regters van die aarde.+
11 Dien Jehovah met vrees+
En wees bly met bewing.+
12 Kus die seun,+ sodat Hy nie vertoornd word
En julle van die weg vergaan nie,+
Want sy toorn vlam maklik op.+
Gelukkig is almal wat hulle toevlug tot hom neem.+