Psalms
Vir die musiekleier, op “Die Lelies”.+ Van Dawid.
69 Red my, o God, want die waters het tot by die siel gekom.+
2 Ek het in diep modder weggesink, waar daar geen grond is om op te staan nie.+
Ek het in diep waters gekom,
En ’n vloeiende stroom het my weggespoel.+
3 Ek het moeg geword vanweë my geroep;+
My keel het hees geword.
My oë het ingegee terwyl ek op my God gewag het.+
4 Dié wat my sonder oorsaak haat, het selfs meer as die hare van my kop geword.+
Dié wat my tot swye bring, wat sonder rede my vyande is, het talryk geword.+
Wat ek nie deur roof geneem het nie, het ek toe teruggegee.
6 Laat dié wat op u hoop, tog nie weens my beskaamd staan nie,+
O Soewereine Heer, Jehovah van die leërs.+
Laat dié wat u soek, tog nie weens my verneder word nie,+
O God van Israel.+
8 Vir my broers het ek iemand geword wat vervreemd is,+
En ’n uitlander vir die seuns van my moeder.+
9 Want louter ywer vir u huis het my verteer,+
En die smaadhede van dié wat u smaad, het op my geval.+
12 Dié wat in die poort sit, het hulle aandag op my begin rig,+
En ek was die onderwerp van die liedjies van dié wat sterk drank drink.+
13 Maar wat my betref, my gebed was tot u, o Jehovah,+
In ’n aanneemlike tyd, o God.+
Antwoord my, in die oorvloed van u liefderyke goedhartigheid, met die waarheid van redding deur u.+
14 Bevry my uit die modder, sodat ek nie wegsink nie.+
Laat my tog bevry word van my haters+ en uit die diep waters.+
15 Laat die vloeiende waterstroom my tog nie wegspoel+
Of die diepte my verswelg
Of die put sy mond bo my sluit nie.+
16 Antwoord my, o Jehovah, want u liefderyke goedhartigheid is goed.+
Wend u tot my volgens die veelheid van u barmhartighede,+
17 En moet u aangesig nie vir u kneg verberg nie.+
Antwoord my gou, omdat ek in groot nood verkeer.+
19 U het my smaad en my skaamte en my vernedering te wete gekom.+
Almal wat my vyandiggesind is, is voor u.+
20 Smaad het my hart gebreek, en die wond is ongeneeslik.+
En ek het bly hoop op iemand wat simpatie sou toon, maar daar was niemand;+
En op vertroosters, maar ek het nie een gevind nie.+
21 Maar as voedsel het hulle vir my ’n gifplant gegee,+
En vir my dors wou hulle my asyn laat drink.+
26 Want hulle het die een vervolg wat deur u geslaan is,+
En hulle bly vertel van die pyne van dié wat deur u deurboor is.
28 Laat hulle uit die boek van die lewendes uitgewis word,+
En laat hulle nie saam met die regverdiges ingeskryf word nie.+
31 Dít sal vir Jehovah ook welgevalliger wees as ’n bul,+
As ’n jong bul met horings en gesplete hoewe.+
32 Die sagmoediges sal dit beslis sien; hulle sal bly wees.+
Julle wat God soek, laat julle hart ook bly lewe.+