Psalms
’n Klaaglied van Dawid wat hy tot Jehovah gesing het oor die woorde van Kus, die Benjaminiet.
7 O Jehovah my God,+ tot u het ek my toevlug geneem.+
Red my van al my vervolgers en verlos my,+
2 Sodat niemand my siel verskeur soos ’n leeu nie,+
My wegruk wanneer daar geen verlosser is nie.+
3 O Jehovah my God, as ek dit gedoen het,+
As daar enige onreg in my hande is,+
4 As ek die een wat my beloon het, met kwaad vergeld het,+
Of as ek enigiemand geplunder het wat my sonder welslae vyandiggesind was,+
5 Laat ’n vyand dan my siel agtervolg+
En laat hy my inhaal en my lewe teen die grond vertrap
En my heerlikheid in die stof laat woon. Sela.
6 Staan tog op, o Jehovah, in u toorn;+
Verhef u by die woedeuitbarstings van dié wat my vyandiggesind is,+
7 En laat die vergadering van volksgroepe u omring,
En keer tog teen hulle terug in die hoogte.
8 Jehovah sal die vonnis oor die volke vel.+
Oordeel my, o Jehovah, volgens my regverdigheid+
En volgens my onkreukbaarheid+ in my.
9 Laat die slegtheid van die goddeloses tog asseblief tot ’n einde kom,+
En mag u die regverdige bevestig;+
10 Die skild vir my is by God,+ ’n Redder van die opregtes van hart.+
12 As iemand nie terugkeer nie,+ sal Hy sy swaard skerp maak,+
Hy sal beslis sy boog span, en hy sal dit gereedmaak om te skiet.+
14 Kyk! Daar is iemand wat swanger is van wat skadelik is,+
En hy het swanger geword van moeilikheid en sal sekerlik leuens baar.+