97 Jehovah het koning geword!+ Laat die aarde bly wees.+
Laat die baie eilande hulle verbly.+
2 Wolke en dik donkerheid is rondom hom;+
Regverdigheid en reg is die vaste plek van sy troon.+
3 ’n Vuur gaan voor hom uit,+
En dit verteer sy teenstanders rondom.+
4 Sy weerligstrale het die vrugbare land verlig;+
Die aarde het dit gesien en ineengekrimp van pyn.+
5 Die berge het soos was gesmelt weens Jehovah,+
Weens die Here van die hele aarde.+
6 Die hemele het sy regverdigheid verkondig,+
En al die volke het sy heerlikheid gesien.+
7 Laat almal wat enige gesnede beeld dien, beskaamd staan,+
Dié wat oor waardelose gode roem.+
Buig julle voor hom neer, o alle gode.+
8 Sion het dit gehoor en hom begin verbly,+
En die afhanklike dorpe van Juda het bly geword+
Weens u regterlike beslissings, o Jehovah.+
9 Want u, o Jehovah, is die Allerhoogste oor die hele aarde;+
U is baie hoog verhewe bo alle ander gode.+
10 O julle wat Jehovah liefhet,+ haat die kwaad.+
Hy bewaar die siel van sy lojales;+
Uit die hand van die goddeloses verlos hy hulle.+
11 Lig het opgegaan vir die regverdige,+
En blydskap vir die opregtes van hart.+
12 Verbly julle in Jehovah, o regverdiges,+
En bring dank aan sy heilige gedagtenis.+