Esegiël
34 En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê: 2 “Mensekind, profeteer teen die herders van Israel. Profeteer, en jy moet vir hulle, vir die herders, sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Wee die herders van Israel,+ wat hulleself voed!+ Behoort die herders nie die kudde te laat wei nie?+ 3 Julle eet die vet+ en klee julle met die wol. Julle slag+ die vet+ dier. Julle laat die kudde nie wei nie. 4 Die swakkes het julle nie versterk nie,+ en die sieke het julle nie gesond gemaak nie, en die een wat gewond is, het julle nie verbind nie, en die een wat weggedryf is, het julle nie teruggebring nie, en die een wat verlore is, het julle nie probeer vind nie,+ maar met strengheid het julle hulle in onderworpenheid gehad, ja, met tirannie.+ 5 En hulle is geleidelik verstrooi omdat daar geen herder was nie,+ sodat hulle vir al die wilde diere van die veld voedsel geword het, en hulle is voortdurend verstrooi.+ 6 My skape het op al die berge en op elke hoë heuwel bly ronddwaal;+ en oor die hele oppervlak van die aarde is my skape+ verstrooi, sonder dat iemand hulle gesoek het en sonder dat iemand hulle probeer vind het.
7 “‘“Daarom, o herders, hoor die woord van Jehovah: 8 ‘“So waar as ek lewe”, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, “waarlik, omdat my skape iets geword het om te plunder en my skape vir al die wilde diere van die veld voedsel gebly het, omdat daar geen herder was nie, en my herders my skape nie gesoek het nie, maar die herders hulleself bly voed het+ en my skape nie laat wei het nie”’, 9 daarom, o herders, hoor die woord van Jehovah. 10 Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Kyk, ek is teen die herders,+ en ek sal beslis my skape van hulle hand terugeis en maak dat hulle nie meer my skape laat wei nie,+ en die herders sal nie meer hulleself voed nie;+ en ek sal my skape uit hulle mond bevry, en hulle sal nie vir hulle voedsel word nie.’”+
11 “‘Want só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Hier is ek, ja ek, en ek sal my skape soek en vir hulle sorg.+ 12 Soos iemand vir sy kudde sorg wat hy laat wei+ op die dag dat hy onder sy skape kom wat oral versprei is,+ so sal ek vir my skape sorg; en ek sal hulle verlos uit al die plekke waarheen hulle op die dag van wolke en dik donkerheid+ verstrooi is. 13 En ek sal hulle uit die volke uitlei+ en hulle uit die lande bymekaarmaak en hulle in hulle land bring+ en hulle op die berge van Israel laat wei, by die stroombeddings en by al die woonplekke van die land.+ 14 Op ’n goeie weiveld sal ek hulle laat wei, en op Israel se hoë berge sal hulle woonplek wees.+ Daar sal hulle in ’n goeie woonplek gaan lê,+ en op ’n vet weiveld sal hulle op die berge van Israel wei.”
15 “‘“Ek sal my skape laat wei,+ en ek sal hulle laat lê”,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. 16 “Die een wat verlore is, sal ek soek+ en die een wat weggedryf is, sal ek terugbring en die een wat gewond is, sal ek verbind en die sieke sal ek versterk, maar die vette+ en die sterke sal ek verdelg. Ek sal hom met oordeel voed.”+
17 “‘En wat julle, my skape, betref, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Kyk, ek oordeel tussen ’n skaap en ’n skaap, tussen die ramme en die bokramme.+ 18 Is dit vir julle so ’n kleinigheid dat julle op die allerbeste weiveld wei,+ maar die res van julle weivelde met julle pote vertrap, en dat julle die helder waters drink, maar wat oorbly, deur die gestamp van julle pote vuil maak? 19 En moet my skape op die weigrond wei wat met julle pote vertrap is en die water drink wat deur die gestamp van julle pote vuil gemaak is?”
20 “‘Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah vir hulle gesê: “Hier is ek, ja ek, en ek sal beslis tussen ’n vet skaap en ’n maer skaap oordeel, 21 omdat julle al die swakkes met die sy en met die skouer bly wegdruk het en met julle horings bly stoot het totdat julle hulle na buite verstrooi het.+ 22 En ek sal my skape red, en hulle sal nie meer iets word om te plunder nie;+ en ek sal tussen ’n skaap en ’n skaap oordeel. 23 En ek sal een herder+ oor hulle verwek, en hy sal hulle laat wei, ja, my kneg Dawid.+ Hy sal hulle laat wei, en hy sal hulle herder word.+ 24 En ek, Jehovah, sal hulle God word,+ en my kneg Dawid ’n owerste in hulle midde.+ Ek, Jehovah, het gespreek.
25 “‘“En ek sal ’n vredesverbond met hulle sluit,+ en ek sal beslis die gevaarlike wilde diere uit die land laat verdwyn,+ en hulle sal in veiligheid in die wildernis woon en in die woude slaap.+ 26 En ek sal hulle en die omgewing van my heuwel ’n seën maak,+ en ek sal die stortreën op sy tyd laat val. Stortreëns van seën sal daar wees.+ 27 En die bome van die veld sal hulle vrugte gee,+ en die land sal sy opbrengs lewer,+ en hulle sal in veiligheid in hulle land wees.+ En hulle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek hulle jukskeie verbreek+ en hulle verlos het uit die hand van dié wat hulle as slawe gebruik het.+ 28 En hulle sal nie meer vir die nasies iets word om te plunder nie;+ en die wilde diere van die aarde sal hulle nie verslind nie, en hulle sal in veiligheid woon, sonder dat iemand hulle laat bewe.+
29 “‘“En ek sal vir hulle plante van naam verwek,+ en hulle sal nie meer deur hongersnood in die land weggeneem word nie,+ en hulle sal nie meer die vernedering deur die nasies dra nie.+ 30 ‘En hulle sal moet weet dat ek, Jehovah hulle God, met hulle is+ en dat hulle my volk is, die huis van Israel’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.”’+
31 “‘En wat julle, my skape,+ die skape van my weiding, betref, julle is mense. Ek is julle God’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.”