Titus
1 Paulus, ’n slaaf+ van God en ’n apostel+ van Jesus Christus volgens die geloof van God se uitverkorenes+ en die juiste kennis+ van die waarheid+ wat strook met godvrugtige toegewydheid+ 2 op grond van ’n hoop op die ewige lewe+ wat God, wat nie kan lieg nie,+ lank gelede beloof het,+ 3 terwyl hy op sy eie bestemde tye sy woord openbaar gemaak het in die prediking wat aan my toevertrou is,+ ooreenkomstig die bevel van ons Redder,+ God; 4 aan Titus, ’n ware kind+ volgens ’n gemeenskaplike geloof:
Mag daar onverdiende goedhartigheid en vrede wees van God die Vader+ en Christus Jesus, ons Redder.+
5 Om dié rede het ek jou in Kreta+ agtergelaat, dat jy die dinge wat gebrekkig was, sou regstel en in stad na stad ouer manne sou aanstel,+ soos ek jou beveel het;+ 6 as daar enigiemand is wat vry van beskuldiging is,+ die man van een vrou,+ met gelowige kinders wat nie van losbandigheid aangekla was of weerspannig was nie.+ 7 Want ’n opsiener moet as God se bestuurder+ vry van beskuldiging wees,+ nie eiesinnig nie,+ nie geneig tot toorn nie,+ nie ’n dronk bakleier nie,+ nie ’n slaner nie,+ nie gierig na oneerlike gewin nie,+ 8 maar gasvry,+ iemand wat die goeie liefhet, gesond van verstand,+ regverdig, lojaal,+ selfbeheersd,+ 9 iemand wat met betrekking tot sy onderrigkuns+ stewig aan die betroubare woord vashou, sodat hy in staat kan wees om deur die gesonde+ leer te vermaan sowel as om die teësprekers tereg te wys.+
10 Want daar is talle weerbarstiges, onsinpraters+ en bedrieërs van die verstand, veral dié wat aan die besnydenis vashou.+ 11 Dit is nodig om hulle mond te snoer, aangesien juis hulle aanhou om hele huisgesinne te ondermyn+ deur ter wille van oneerlike gewin dinge te leer wat hulle nie behoort te leer nie.+ 12 Een van hulle, hulle eie profeet, het gesê: “Kretensers is altyd leuenaars, gevaarlike+ wilde diere, werklose vrate.”
13 Hierdie getuienis is waar. Hou juis daarom aan om hulle met strengheid tereg te wys,+ sodat hulle gesond+ in die geloof kan wees 14 en geen aandag sal skenk aan Joodse fabels+ en gebooie van mense+ wat hulleself van die waarheid afkeer nie.+ 15 Alles is rein vir die reines.+ Maar vir die verontreinigdes+ en ongelowiges+ is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete+ is verontreinig. 16 Hulle verkondig in die openbaar dat hulle God ken,+ maar hulle verloën hom deur hulle werke,+ want hulle is verfoeilik en ongehoorsaam en nie goedgekeur+ vir enige goeie werk nie.