Psalms
’n Lied. ’n Melodie van Dawid.
108 My hart is standvastig, o God.
Ek sal met my hele wese sing en musiek maak.+
2 Word wakker, o snaarinstrument, en jy ook, o harp.+
Ek sal die dagbreek wakker maak.
5 Mag u hoog bo die hemel wees, o God.
Mag u heerlikheid oor die hele aarde wees.+
7 God het in sy heiligheid* gesê:
“Ek sal van vreugde uitroep, ek sal Sigem+ as ’n erfdeel gee,
en ek sal die Vallei van Sukkot afmeet.+
Juda is vir my die staf van ’n bevelvoerder.+
Op Edom sal ek my sandaal gooi.+
Ek sal van vreugde uitroep weens die oorwinning oor Filisteʹa.”+
10 Wie sal my bring na die stad wat versterk is?
Wie sal my tot by Edom lei?+
11 Is dit nie u, o God, deur wie ons verwerp is nie,
ons God, wat nie meer saam met ons leërmagte uitgaan nie?+
13 Deur God sal ons krag kry,+
en hy sal ons vyande vertrap.+