Psalms
Vir die musiekleier: Moet met snaarinstrumente begelei word. Maskil.* Van Dawid.
2 Skenk tog aandag aan my en antwoord my.+
My besorgdheid maak my rusteloos,+
en ek is baie angstig
3 as gevolg van wat die vyand sê
en weens die druk van die goddelose.
Want hulle oorlaai my met probleme,
en in hulle woede is hulle vyandig teenoor my.+
5 Vrees kom oor my, en ek begin bewe,
en rillings gaan deur my hele liggaam.
6 Ek bly sê: “As ek maar net vlerke soos ’n duif gehad het!
Ek sou wegvlieg en in veiligheid gaan woon.
Ek sou in die wildernis bly.+ (Sela)
8 Ek sou vinnig na ’n skuilplek gaan,
weg van die sterk wind, weg van die storm.”
9 Verwar hulle, o Jehovah, en laat hulle planne misluk,*+
want ek het geweld en konflik in die stad gesien.
10 Dag en nag loop hulle rond op sy mure.
Daar is haat en moeilikheid in die stad.+
11 Vernietiging is daarbinne.
Daar is altyd onderdrukking en bedrog op sy openbare plein.+
12 Want dit is nie ’n vyand wat my uittart nie.+
Anders sou ek dit kon verdra.
Dit is nie ’n vyand wat teen my opgekom het nie.
Anders sou ek vir hom kon wegkruip.
14 Ons het ’n hegte vriendskap geniet.
Ons het saam met die menigte na die huis van God geloop.
15 Laat vernietiging hulle inhaal!+
Laat hulle lewend in die Graf* afgaan,
want goddeloosheid woon tussen hulle en in hulle.
Hulle sal weier om te verander,
hulle wat God nie gevrees het nie.+
20 Hy* het dié aangeval wat in vrede met hom gelewe het.+
Hy het sy verbond verbreek.+
Sy woorde is sagter as olie,
maar hulle is swaarde wat reg is om te steek.+
Hy sal die regverdige nooit laat val* nie.+
23 Maar u, o God, sal hulle in die diepste put laat afgaan.+
Daardie bloedskuldige en bedrieglike mense sal nie die helfte van hulle dae uitleef nie.+
Maar wat my betref, ek sal op u vertrou.