Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Deuteronomium 12:31
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 31 So mag jy nie handel met Jehovah jou God nie,+ want alles wat vir Jehovah verfoeilik is, wat hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen, want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle gereeld met vuur vir hulle gode.+

  • 2 Konings 17:17
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 17 en hulle het aangehou om hulle seuns en hulle dogters deur die vuur te laat gaan+ en waarsêery te beoefen+ en voortekens te soek,+ en hulle het hulleself bly verkoop+ om te doen wat sleg was in die oë van Jehovah, om hom aanstoot te gee.+

  • Psalm 106:37
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 37 En hulle het hulle seuns

      En hulle dogters aan demone geoffer.+

  • Psalm 106:38
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 38 So het hulle onskuldige bloed bly vergiet,+

      Die bloed van hulle seuns en hulle dogters,

      Wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het;+

      En die land is met bloedvergieting besoedel.+

  • Jesaja 57:5
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 5 dié wat die hartstog prikkel onder groot bome,+ onder elke blaarryke boom,+ wat die kinders in die stroomvalleie onder die skeure van die kranse slag?+

  • Esegiël 16:20
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 20 “‘En jy het jou seuns en jou dogters geneem wat jy vir my gebaar het,+ en jy het dié aan hulle geoffer om verteer te word+—is dit nie genoeg van jou dade van prostitusie nie?

  • Esegiël 20:31
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 31 En verontreinig julle julle tot vandag toe vir al julle drekgode+ deur julle gawes omhoog te hef, deurdat julle julle seuns deur die vuur laat gaan?+ Sal ek my terselfdertyd deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel?”’+

      “‘So waar as ek lewe’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘ek sal my nie deur julle laat raadpleeg nie.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel