7 En Jehovah God het die mens uit stof+ van die aarde+ begin vorm en in sy neusgate die asem van die lewe geblaas,+ en die mens het ’n lewende siel geword.+
17 “En kyk, ek bring die sondvloed+ van waters op die aarde om alle vlees waarin die lewenskrag+ werksaam is, onder die hemel uit te verdelg. Alles wat op die aarde is, sal sterf.+
19 Want daar is ’n uiteinde vir die mensekinders en ’n uiteinde vir die diere, en hulle het dieselfde uiteinde.+ Soos die een sterf, so sterf die ander;+ en hulle almal het net een gees,+ sodat die mens geen voorrang bo die dier het nie, want alles is nietigheid.
5 Só het die ware God, Jehovah, gesê, die Skepper van die hemele+ en die Grootse Uitspanner daarvan;+ die Een wat die aarde+ en die opbrengs+ daarvan uitsprei, die Een wat asem+ aan die mense daarop gee,+ en gees aan dié wat daarop wandel:+
11 En ná die drie en ’n half dae+ het lewensgees van God af in hulle ingegaan,+ en hulle het op hulle voete gaan staan, en groot vrees het op dié geval wat hulle gesien het.