-
Deuteronomium 30:1-3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
30 “Wanneer al hierdie dinge oor julle kom, die seën en die vloek, wat ek aan julle voorgehou het,+ en julle weer daaraan terugdink*+ in al die nasies waarheen Jehovah julle God julle verstrooi het,+ 2 en julle tot Jehovah julle God terugkeer+ en na sy stem luister volgens alles wat ek julle vandag beveel, julle en julle kinders, met julle hele hart en julle hele siel,*+ 3 dan sal Jehovah julle God julle gevangenes terugbring+ en genadig wees teenoor julle+ en julle weer bymekaarmaak uit al die volke waarheen Jehovah julle God julle verstrooi het.+
-
-
Deuteronomium 30:8-10Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 “Julle sal dan terugkeer en na die stem van Jehovah luister en al sy gebooie gehoorsaam wat ek julle vandag beveel. 9 Jehovah julle God sal julle baie voorspoedig maak in alles wat julle doen.+ Hy sal julle kinders en julle vee en die opbrengs van julle grond laat vermeerder, want dit sal weer vir Jehovah ’n vreugde wees om julle voorspoedig te maak, net soos dit vir hom ’n vreugde was om julle voorvaders voorspoedig te maak.+ 10 Want dan sal julle na die stem van Jehovah julle God luister en sy gebooie en wetsbepalings gehoorsaam wat in hierdie Wetboek geskryf is, en julle sal met julle hele hart en julle hele siel* na Jehovah julle God terugkeer.+
-
-
1 Konings 8:48, 49Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
48 en hulle met hulle hele hart en hulle hele siel* na u terugkeer+ in die land van hulle vyande wat hulle as gevangenes weggeneem het, en hulle tot u bid in die rigting van hulle land wat u aan hulle voorvaders gegee het en van die stad wat u uitgekies het en die huis wat ek vir u naam gebou het,+ 49 moet u asseblief hulle gebed en hulle versoek om genade hoor vanuit die hemel, u woonplek,+ en hulle help
-