7 Jehovah het toe aan Abram verskyn en gesê: “Aan jou nageslag*+ gaan ek hierdie land gee.”+ Hy het dus ’n altaar daar gebou vir Jehovah, wat aan hom verskyn het.
18 Op daardie dag het Jehovah ’n verbond met Abram gemaak+ en gesê: “Aan jou nageslag* sal ek hierdie land gee,+ van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:+
3 Woon as ’n vreemdeling in hierdie land,+ en ek sal met jou wees en jou seën, want aan jou en aan jou nageslag* sal ek al hierdie lande gee,+ en ek sal die eed nakom wat ek vir jou pa, Abraham, gesweer het:+