-
2 Kronieke 34:20, 21Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
20 Daarna het die koning die volgende bevel gegee aan Hilkiʹa, aan Ahiʹkam,+ die seun van Safan, aan Abdon, die seun van Miga, aan Safan, die sekretaris, en aan Asaʹja, die koning se kneg: 21 “Gaan raadpleeg Jehovah vir my en vir dié wat nog in Israel en in Juda oor is in verband met die woorde van die boek wat gevind is, want Jehovah sal met groot woede teen ons optree omdat ons voorvaders ongehoorsaam was aan die woord van Jehovah en omdat hulle nie alles gedoen het wat in hierdie boek geskryf is nie.”+
-
-
Jeremia 39:13, 14Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
13 Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, Nebusasʹban, die Rabʹsaris,* Nerʹgal-Sareʹser, die Rabmag,* en al die belangrikste manne van die koning van Babilon het 14 Jeremia uit die Voorhof van die Wagte+ laat haal en hom in die sorg geplaas van Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam,+ die seun van Safan,+ om na Gedalʹja se huis geneem te word. Hy het dus onder die volk gewoon.
-