-
2 Konings 25:1, 2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
25 In die negende jaar nadat Sedekiʹa koning geword het, in die tiende maand, op die tiende dag van die maand, het koning Nebukadneʹsar+ van Babilon met sy hele leërmag teen Jerusalem opgetrek.+ Hy het daar kamp opgeslaan en ’n beleëringsmuur reg rondom die stad gebou,+ 2 en die stad is tot die 11de jaar van koning Sedekiʹa beleër.
-
-
Esegiël 21:21, 22Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
21 Want die koning van Babilon gaan staan by die vurk in die pad, waar die twee paaie skei, om deur middel van voorspellings uit te vind wat hy moet doen. Hy skud die pyle. Hy raadpleeg sy afgode.* Hy ondersoek die lewer. 22 Die antwoord in sy regterhand, wat hy deur middel van die voorspellings kry, wys na Jerusalem. Dit sê dat hy stormramme moet opstel, die teken vir die slagting moet gee, die oorlogskreet moet laat hoor, stormramme teen die poorte moet opstel, ’n beleëringswal moet oprig, ’n beleëringsmuur moet bou.+
-