-
2 Kronieke 36:16, 17Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
16 Maar hulle het die boodskappers van die ware God bly spot,+ en hulle het sy woorde geïgnoreer+ en sy profete uitgelag,+ totdat Jehovah vir sy volk woedend geword het+ en daar geen hoop was dat hulle genees kon word nie.
17 Daarom het hy die koning van die Galdeërs+ teen hulle laat optrek, wat hulle jong manne in hulle heiligdom*+ met die swaard doodgemaak het.+ Hy het nie jammer gevoel vir jong manne of maagde, oumense of swakkes nie.+ God het alles in sy hand gegee.+
-
-
Jeremia 23:20Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
20 Die woede van Jehovah sal nie terugdraai
totdat hy uitgevoer en gedoen het wat hy hom in sy hart voorgeneem het nie.
Aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan.
-