Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Psalm 110:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 110 Jehovah het vir my Here gesê:

      “Sit aan my regterhand+

      totdat ek jou vyande ’n voetbank vir jou voete maak.”+

  • Matteus 26:64
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 64 Jesus het vir hom gesê: “U het dit self gesê. Maar ek sê vir julle: Van nou af sal julle die Seun van die mens+ aan die regterhand van die Magtige sien sit+ en op die wolke van die hemel sien kom.”+

  • Markus 14:62
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 62 Toe het Jesus gesê: “Ek is, en julle sal die Seun van die mens+ aan die regterhand+ van die Magtige sien sit en met die wolke van die hemel sien kom.”+

  • Handelinge 2:32, 33
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 32 God het hierdie Jesus opgewek, en ons almal is getuies hiervan.+ 33 Omdat hy tot die regterhand van God verhoog is+ en die beloofde heilige gees van die Vader ontvang het,+ het hy dit uitgestort, net soos julle sien en hoor.

  • Handelinge 7:55
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 55 Maar hy was vol heilige gees en het na die hemel opgekyk en God se heerlikheid gesien en Jesus wat aan God se regterhand staan,+

  • Romeine 8:34
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 34 Wie is dit wat hulle sal veroordeel? Christus Jesus is die een wat gesterf het, ja, meer as dit, die een wat uit die dood opgewek is, wat aan die regterhand van God is+ en wat ook vir ons pleit.+

  • Kolossense 3:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 3 As julle egter saam met die Christus opgewek is,+ moet julle aanhou soek na die dinge wat daar bo is, waar die Christus aan die regterhand van God sit.+

  • Hebreërs 1:3
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 3 Hy is die weerspieëling van God se heerlikheid+ en ’n presiese weergawe van sy persoonlikheid,+ en hy hou alles in stand deur sy kragtige woord. En nadat hy ons van sondes gereinig het,+ het hy aan die regterhand van die Majesteit in die hemel gaan sit.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel