Die tweede boek van Samuel
23 Dít is die laaste woorde van Dawid:+
“Die woord van Dawid, die seun van Isai,+
en die woord van die man wat grootliks geëer is,+
die gesalfde+ van die God van Jakob,
die lieflike sanger van die liedere+ van Israel.
‘Wanneer die een wat oor mense regeer, regverdig is+ en
in die vrees van God+ regeer,
4 is dit soos die oggendlig wanneer die son skyn,+
’n oggend sonder wolke.
Dit is soos die helderheid ná die reën
wat gras uit die aarde laat uitspruit.’+
5 Is my huis nie so voor God nie?
Want hy het ’n ewige verbond met my gemaak.+
Hy het al die besonderhede daarvan uitgewerk en dit bevestig.
Dit beteken my redding en my vreugde.
Is dit nie hoekom hy my huis laat floreer nie?+
7 Wanneer ’n man aan hulle raak,
moet hy ten volle gewapen wees met yster en die steel van ’n spies,
en hulle moet net daar heeltemal met vuur verbrand word.”
8 Dít is die name van Dawid se magtige vegters:+ Joʹseb-Basseʹbet, ’n Tagkemoniet, die hoof van die drie.+ Hy het eenkeer 800 manne met sy spies doodgemaak. 9 Die tweede van die drie magtige vegters wat by Dawid was toe hulle die Filistyne uitgetart het, was Eleaʹsar,+ die seun van Dodo,+ die seun van Ahoʹhi. Hulle het daar bymekaargekom vir die geveg, en toe die manne van Israel gevlug het, 10 het hy bly veg en aangehou om die Filistyne dood te maak totdat sy arm moeg was en sy hand styf geword het omdat hy sy swaard heeltyd vasgehou het.+ Jehovah het op daardie dag ’n groot oorwinning* aan Israel gegee,+ en daarna het die manne teruggegaan om die lyke agter Eleaʹsar te stroop.
11 Die derde was Samma, die seun van Agee, die Harariet. Die Filistyne het by Legi bymekaargekom, waar daar ’n stuk grond vol lensies was, en toe die manne vir die Filistyne gevlug het, 12 het hy in die middel van die stuk grond bly staan en dit verdedig en aangehou om die Filistyne dood te maak, en so het Jehovah vir Israel ’n groot oorwinning* gegee.+
13 Drie van die 30 hoofmanne het gedurende die oestyd na Dawid toe gegaan by die grot van Adulʹlam.+ En die kamp van ’n afdeling* van die Filistyne was in die Refaʹim-vallei.+ 14 Dawid was toe in die skuilplek,+ en ’n voorpos van die Filistyne was in Betlehem. 15 Dawid het toe gesê: “As ek maar net van die water kon drink uit die reënput by die poort van Betlehem!” 16 Die drie magtige vegters het toe die kamp van die Filistyne binnegedring en water geskep uit die reënput by die poort van Betlehem en dit na Dawid toe geneem. Maar hy het geweier om dit te drink en het dit voor Jehovah uitgegooi.+ 17 Hy het gesê: “O Jehovah, ek sal nooit eers daaraan dink om dit te doen nie! Moet ek die bloed+ drink van die manne wat hulle lewens gewaag het om dit te gaan haal?” Daarom het hy geweier om dit te drink. Dit is die dinge wat sy drie magtige vegters gedoen het.
18 Abiʹsai,+ die broer van Joab, die seun van Seruʹja,+ was die hoof van drie ander. Hy het 300 manne met sy spies doodgemaak, en hy het net so ’n goeie reputasie gehad as die eerste drie.+ 19 Hoewel hy die mees gerespekteerde van die drie was en hulle hoof was, het hy nie die status van die eerste drie gehad nie.
20 Benaʹja,+ die seun van Jojaʹda, was ’n dapper man* wat baie magtige dade in Kabʹseël+ gedoen het. Hy het die twee seuns van Aʹriël, die Moabiet, doodgemaak, en op ’n dag toe dit gesneeu het, het hy in ’n waterput afgeklim en ’n leeu doodgemaak.+ 21 Hy het ook ’n Egiptenaar doodgemaak wat buitengewoon groot was. Hoewel die Egiptenaar ’n spies in sy hand gehad het, het hy met ’n stok teen hom gaan veg en die spies uit die Egiptenaar se hand geruk en hom met sy eie spies doodgemaak. 22 Dit is wat Benaʹja, die seun van Jojaʹda, gedoen het, en hy het net so ’n goeie reputasie as die drie magtige vegters gehad. 23 Hoewel hy meer gerespekteerd was as die dertig, het hy nie die status van die eerste drie gehad nie. Maar Dawid het hom oor sy lyfwag aangestel.
24 Aʹsahel,+ die broer van Joab, was onder die dertig: Elhaʹnan, die seun van Dodo uit Betlehem;+ 25 Samma, die Harodiet; Eliʹka, die Harodiet; 26 Heles,+ die Paltiet; Ira,+ die seun van Ikkes, die Tekoïet; 27 Abiëser,+ die Anatotiet;+ Mebunnaiʹ, die Husatiet; 28 Salmon, die Ahohiet; Maʹharai,+ die Netofatiet; 29 Heleb, die seun van Baäna, die Netofatiet; Ittai, die seun van Ribai uit Giʹbea van die Benjaminiete; 30 Benaʹja,+ ’n Piratoniet; Hiddai van die valleie* van Gaäs;+ 31 Abi-Albon, die Arbatiet; Asmaʹwet, die Bar-Humiet; 32 Eljagʹba, die Saʹälboniet; die seuns van Jasen; Joʹnatan; 33 Samma, die Harariet; Ahiʹam, die seun van Sarar, die Harariet; 34 Elifeʹlet, die seun van Ahasʹbai, die seun van die Maägatiet; Eliʹam, die seun van Agitoʹfel,+ die Giloniet; 35 Hesro, die Karmeliet; Paʹärai, die Arbiet; 36 Jigal, die seun van Natan uit Soba; Bani, die Gadiet; 37 Selek, die Ammoniet; Naʹharai, die Beërotiet, die wapendraer van Joab, die seun van Seruʹja; 38 Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet,+ 39 en Uriʹa,+ die Hetiet – altesaam 37.