Jesaja
58 “Roep hard uit, moenie terughou nie!
Verhef jou stem soos ’n horing.
Maak aan my volk bekend hoe opstandig hulle is,+
vertel vir die huis van Jakob wat hulle sondes is.
2 Hulle soek my leiding dag ná dag,
en hulle sê dat hulle graag my weë wil leer ken,
asof hulle ’n nasie is wat regverdigheid beoefen het
en nie die geregtigheid van hulle God verlaat het nie.+
Hulle vra my om regverdig te oordeel,
asof hulle nader aan God wil kom:+
3 ‘Hoekom sien u nie wanneer ons vas nie?+
En hoekom let u nie op wanneer ons ons verneder nie?’+
Want op die dag dat julle vas, jaag julle julle eie belange na
en onderdruk julle julle werkers.+
4 Julle vaste eindig in ’n stryery en ’n bakleiery,
en julle slaan met die vuis van goddeloosheid.
Julle kan nie vas soos julle vandag vas en verwag dat julle stem in die hemel gehoor sal word nie.
5 Moet die vas wat ek verkies, só wees:
Moet dit ’n dag wees waarop iemand hom verneder
en sy kop soos ’n grashalm buig
en sy bed op saklinne en as maak?
Noem jy dít ’n vas en ’n dag wat vir Jehovah aanvaarbaar is?
6 Nee, dít is die vas wat ek verkies:
Die boeie van goddeloosheid moet verwyder word,
die bande van die juk moet losgemaak word,+
die onderdruktes moet vrygelaat word+
en elke juk moet in twee gebreek word.
7 Jy moet jou kos deel met dié wat honger is.+
Jy moet die armes en die haweloses in jou huis inneem.
Wanneer jy iemand sonder klere sien, moet jy vir hom klere gee.+
En jy moenie jou rug draai op jou broers nie.
Jou regverdigheid sal voor jou uit gaan,
en die heerlikheid van Jehovah sal jou van agter af beskerm.+
9 Dan sal jy roep, en Jehovah sal antwoord.
Jy sal om hulp roep, en hy sal sê: ‘Hier is ek!’
As jy die juk van verdrukking verwyder
en ophou om met jou vinger te wys* en sleg te praat van ander,+
10 as jy vir dié wat honger is, gee wat jy self wil hê+
en voorsien in die behoeftes van dié wat swaarkry,
dan sal jou lig in die donkerte skyn,
en jou duisternis sal soos die middag wees.+
Hy sal jou nuwe krag gee,
en jy sal word soos ’n tuin wat baie water kry,+
soos ’n fontein wat nooit opdroog nie.
12 Ter wille van jou sal ou ruïnes herbou word,+
en jy sal die fondamente van vorige geslagte herstel.+
Jy sal die herbouer van afgebreekte mure genoem word,+
die hersteller van paaie waarlangs mense kan woon.
13 As jy nie jou eie belange op die Sabbat najaag nie omdat dit my heilige dag is+
en jy die Sabbat ’n dag van groot vreugde noem, ’n heilige dag van Jehovah, ’n dag wat verheerlik moet word,+
en jy dit verheerlik eerder as om jou eie belange na te jaag en nuttelose dinge te sê,
14 dan sal jy groot vreugde in Jehovah vind,
en ek sal jou beheer gee* oor die hoë plekke van die aarde.+