Hosea
9 “Moenie bly wees nie, o Israel.+
Moenie vreugdevol wees soos die volke nie.
Want deur prostitusie* het jy jou God verlaat.+
Op elke dorsvloer het jy die loon van ’n prostituut liefgehad.+
2 Maar die dorsvloer en wynpers sal hulle nie voed nie,
en daar sal geen nuwe wyn vir haar wees nie.+
3 Hulle sal nie in die land van Jehovah bly woon nie.+
Eʹfraim sal na Egipte terugkeer,
en in Assiʹrië sal hulle eet wat onrein is.+
4 Hulle sal nie meer wyn aan Jehovah offer nie.+
Hy sal nie hulle offerandes goedkeur nie.+
Dit is soos kos wat in ’n tyd van rou geëet word,
en almal wat dit eet, sal onrein word.
Want hulle kos is net vir hulle,
dit sal nie in die huis van Jehovah ingebring word nie.
6 Want kyk! hulle sal weens die vernietiging moet vlug.+
Egipte sal hulle bymekaarmaak,+ en Memfis sal hulle begrawe.+
Brandnetels sal hulle kosbare skatte van silwer toegroei,
en doringbosse sal in hulle tente wees.
Hulle profeet sal ’n dwaas wees, en die man wat sê dat hy onder inspirasie praat, sal mal word.
Want die vyandigheid teenoor jou is groot omdat jou oortreding groot is.”
8 Die wag+ van Eʹfraim was by my God.+
Maar nou is al die weë van sy profete+ soos die valstrikke van ’n voëlvanger.
Daar is vyandigheid in die huis van sy God.
9 Hulle het baie sleg geword, soos in die dae van Giʹbea.+
Hy sal aan hulle oortreding dink en hulle vir hulle sondes straf.+
10 “Soos druiwe in die wildernis het ek Israel gevind.+
Soos die eerste vroeë vye aan ’n vyeboom het ek julle voorvaders gesien.
Maar hulle het na Baäl van Peor gegaan.+
Hulle het hulle aan die skandelike ding* toegewy+
en walglik geword soos die ding waarvoor hulle lief is.
11 Eʹfraim se heerlikheid vlieg weg soos ’n voël.
Daar is geen geboorte, geen swangerskap en geen bevrugting nie.+
12 Selfs al maak hulle kinders groot,
sal ek hulle kinders van hulle wegneem totdat daar niemand oor is nie.+
Ja, dit sal sleg gaan met hulle wanneer ek hulle verlaat!+
13 Eʹfraim, wat in ’n weiveld geplant is, was vir my soos Tirus.+
Nou moet Eʹfraim sy seuns uitbring om doodgemaak te word.”
14 O Jehovah, gee hulle wat u hulle moet gee.
’n Baarmoeder wat miskrame het en borste wat droog is.
15 “Al hulle goddeloosheid was in Gilgal,+ en daar het ek hulle begin haat.
Weens hulle slegte dade sal ek hulle uit my huis jaag.+
Ek sal hulle nie meer liefhê nie.+
Al hulle leiers is hardkoppig.
16 Eʹfraim sal soos ’n boom afgekap word.+
Hulle wortel sal verdroog, en hulle sal geen vrugte voortbring nie.
Selfs as hulle geboorte gee, sal ek hulle geliefde nageslag doodmaak.”
En hulle sal vlugtelinge onder die nasies word.+