Die tweede boek van Kronieke
35 Josiʹa het in Jerusalem ’n Pasga+ vir Jehovah gehou, en hulle het die Pasga-offer+ op die 14de dag van die eerste maand+ geslag. 2 Hy het die priesters se pligte aan hulle toegewys en hulle aangespoor om hulle werk in die huis van Jehovah te doen.+ 3 Daarna het hy vir die Leviete, wat die hele Israel onderrig het+ en wat vir Jehovah heilig was, gesê: “Sit die heilige Ark in die huis wat Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel, gebou het.+ Julle moet dit nie meer op julle skouers dra nie.+ Dien Jehovah julle God en sy volk Israel. 4 En berei julle voor vir julle diens volgens julle vaderhuise en afdelings, net soos koning Dawid+ van Israel en sy seun Salomo voorgeskryf het.+ 5 Gaan staan in die heiligdom in groepe volgens die vaderhuise van julle broers, die res van die volk. Daar moet vir elke vaderhuis ’n groep uit die vaderhuise van die Leviete wees om hulle te help. 6 Slag die Pasga-offer+ en heilig julleself en tref voorbereidings vir julle broers sodat julle kan doen wat Jehovah deur middel van Moses beveel het.”
7 Koning Josiʹa het van sy eie vee 30 000 jong skaapramme en jong bokramme bygedra, sodat daar Pasga-offers kon wees vir almal wat daar was. Hy het ook 3 000 beeste bygedra.+ 8 Sy hoë amptenare het ook ’n bydrae gegee as ’n vrywillige offer vir die volk, die priesters en die Leviete. Hilkiʹa,+ Sagariʹa en Jehiʹël, die leiers van die huis van die ware God, het vir die priesters 2 600 Pasga-offers en 300 beeste gegee. 9 Konanʹja en sy broers Semaʹja en Netaʹnel, tesame met Hasabʹja, Jeïel en Joʹsabad, die hoofde van die Leviete, het vir die Leviete 5 000 Pasga-offers en 500 beeste bygedra.
10 Die voorbereidings is getref, en die priesters het op hulle plekke gestaan, en die Leviete volgens hulle afdelings,+ net soos die koning beveel het. 11 Hulle het die Pasga-offers geslag,+ en die priesters het die bloed wat hulle van die Leviete ontvang het, op die altaar gesprinkel,+ en die Leviete het die diere se velle afgetrek.+ 12 Daarna het hulle die brandoffers gereedgemaak om dit uit te deel aan die res van die volk, wat in groepe volgens hulle vaderhuise ingedeel was, sodat die offers aan Jehovah geoffer kon word volgens wat in die boek van Moses geskryf is. Hulle het dieselfde met die beeste gedoen. 13 Hulle het die Pasga-offers soos gewoonlik oor die vuur gaargemaak.*+ En hulle het die heilige offers in potte en panne gaargemaak, en daarna het hulle dit so gou as moontlik na die res van die volk geneem. 14 Toe het hulle die Pasga-offer vir hulleself en vir die priesters voorberei, want die priesters, die nakomelinge van Aäron, het tot die aand toe die brandoffers en die vetstukke geoffer. Die Leviete het dit dus vir hulleself en vir die priesters, die nakomelinge van Aäron, voorberei.
15 En die sangers, die seuns van Asaf,+ het op hulle plekke gestaan volgens die bevel van Dawid,+ Asaf,+ Heman en Jeduʹtun,+ die siener van die koning. En die poortwagters was by die verskillende poorte.+ Dit was nie vir hulle nodig om hulle pos te verlaat nie, want hulle broers, die Leviete, het die Pasga-offer vir hulle voorberei. 16 En op daardie dag is alles vir die diens van Jehovah gereedgemaak sodat die Pasga gehou kon word+ en die brandoffers op die altaar van Jehovah geoffer kon word, soos koning Josiʹa beveel het.+
17 Die Israeliete wat daar was, het toe die Pasga gehou, en hulle het die Fees van die Ongesuurde Brode sewe dae lank gehou.+ 18 Van die dae van die profeet Samuel af was daar in Israel nog nooit so ’n Pasga gehou nie. En nie een van die ander konings van Israel het ’n Pasga gehou soos die een wat gehou is deur Josiʹa,+ die priesters, die Leviete, die inwoners van Jerusalem en almal van Juda en Israel wat teenwoordig was nie. 19 Hierdie Pasga is in Josiʹa se 18de regeringsjaar gehou.
20 Later, nadat Josiʹa die tempel herstel het, het koning Nego+ van Egipte opgetrek om by Karʹkemis by die Eufraatrivier te veg. Toe het Josiʹa teen hom opgetrek.+ 21 Koning Nego het boodskappers na hom toe gestuur om te sê: “Koning van Juda, hoekom kom veg jy teen my? Ek kom nie vandag om teen jou te veg nie, maar om teen ’n ander nasie te veg, en God sê dat ek gou moet maak. God is met my. Pasop dat jy hom nie teëstaan nie, anders sal hy jou vernietig.” 22 Maar Josiʹa wou nie omdraai nie, en hy het hom vermom+ om teen hom te veg. Hy wou nie na Nego se waarskuwing luister, wat van God af gekom het nie. Toe het hy in die Vlakte van Megidʹdo+ teen hom gaan veg.
23 En die boogskutters het koning Josiʹa geskiet, en die koning het vir sy knegte gesê: “Vat my hier weg, want ek is ernstig gewond.” 24 Toe het sy knegte hom uit die strydwa gehaal en hom in sy tweede strydwa laat ry en hom na Jerusalem geneem. Hy het gesterf en is in die graf van sy voorvaders begrawe.+ Die hele Juda en Jerusalem het oor Josiʹa getreur. 25 En Jeremia+ het ’n treurlied oor Josiʹa gesing, en al die sangers en sangeresse+ sing tot vandag toe oor Josiʹa in hulle treurliedere. En dit het ’n gewoonte geword om hierdie liedere in Israel te sing, en dit is onder die treurliedere opgeteken.
26 Wat die res van die geskiedenis van Josiʹa betref en sy dade van lojale liefde in ooreenstemming met wat in die Wet van Jehovah geskryf is 27 en wat hy gedoen het, dit is van begin tot einde opgeteken in die Boek van die konings van Israel en van Juda.+