Jesaja
27 In daardie dag sal Jehovah met sy skerp, groot, sterk swaard+
afreken met die Leviaʹtan,* die seilende slang,
die Leviaʹtan, die kronkelende slang,
en hy sal die monster wat in die see is, doodmaak.
2 Sing in daardie dag vir haar:*
“’n Wingerd van skuimende wyn!+
Ek gee haar heeltyd water.+
Ek beskerm haar dag en nag,
sodat niemand haar skade kan aandoen nie.+
4 Ek is nie meer kwaad vir haar nie.+
As iemand met doringbosse en onkruid teen my kom, sal ek teen hom veg,
en ek sal hulle vertrap en aan die brand steek.
5 Laat hy eerder stewig vashou aan my vesting.
Laat hy met my vrede maak.
Hy moet met my vrede maak.”
6 In die dae wat kom, sal Jakob wortelskiet.
7 Moet hy geslaan word soos wat hy geslaan word?
Of moet hy doodgemaak word soos dié van hom wat doodgemaak is?
8 Met ’n skrikwekkende uitroep sal u met haar stry wanneer u haar wegstuur.
Hy sal haar uitdryf met ’n kragtige wind op die dag van die oostewind.+
9 So sal daar versoening gedoen word vir die oortreding van Jakob,+
en dít sal die volle vrug wees wanneer sy sonde weggeneem word:
Hy sal al die altaarklippe
soos fyngemaalde krytklippe maak,
en daar sal geen heilige pale* of reukwerkstaanders oorbly nie.+
10 Want die versterkte stad sal onbewoon wees.
Die weivelde sal leeg en verlate wees soos ’n wildernis.+
Daar sal die kalf wei en gaan lê
en haar takke kaalvreet.+
Want hierdie volk het geen insig nie.+
Daarom sal hulle Maker geen genade aan hulle betoon nie,
en die Een wat hulle gevorm het, sal nie vir hulle jammer voel nie.+
12 In daardie dag sal Jehovah die vrugte afslaan, van die vloeiende stroom van die Rivier* af tot by die Vallei* van Egipte,+ en julle sal die een ná die ander ingesamel word, o Israel.+ 13 In daardie dag sal daar op ’n groot horing geblaas word,+ en dié wat in Assiʹrië vergaan+ en dié wat in Egipte verstrooi is,+ sal kom en voor Jehovah neerbuig op die heilige berg in Jerusalem.+