Spreuke
4 Luister, my seuns, na die dissipline van ’n pa.+
Skenk aandag sodat julle begrip kan verkry,
2 want ek sal julle goeie onderrigting gee.
4 Hy het my geleer en gesê: “Bewaar my woorde in jou hart.+
Gehoorsaam my gebooie en bly lewe.+
5 Verkry wysheid, verkry begrip.+
Moenie my woorde vergeet nie, en bly by wat ek sê.
6 Moet dit nie verlaat nie, en dit sal jou beskerm.
Wees lief daarvoor, en dit sal jou veilig hou.
8 Beskou dit as baie waardevol, en dit sal vir jou eer bring.+
Dit sal vir jou respek bring omdat jy lief is daarvoor.+
9 Dit sal ’n pragtige krans op jou kop wees.
Dit sal jou versier soos ’n pragtige kroon.”
10 Luister, my seun, en aanvaar wat ek sê.
Dan sal jy ’n lang lewe hê.+
11 Ek sal jou leer wat die weg van wysheid is.+
Ek sal jou lei sodat jy die regte pad kan volg.+
12 Wanneer jy loop, sal daar niks in jou pad wees nie.
En as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.
13 Hou vas aan dissipline. Moet dit nie laat gaan nie.+
Bewaar dit, want dit beteken jou lewe.+
15 Vermy dit, moenie daarop loop nie.+
Draai weg daarvan en gaan verby.+
16 Want hulle kan nie slaap as hulle nie slegte dinge doen nie.
Hulle lê wakker as hulle nie iemand se ondergang kan veroorsaak nie.
17 Goddeloosheid is vir hulle soos brood,
en geweld is vir hulle soos wyn.
18 Maar die pad van die regverdiges is soos die helder oggendlig
wat al hoe helderder word totdat dit heeltemal dag is.+
19 Die weg van die goddeloses is soos die donker.
Hulle weet nie waaroor hulle struikel nie.
20 My seun, skenk aandag aan my woorde.
Luister mooi na wat ek sê.
21 Moet dit nooit vergeet nie.
Bewaar dit diep in jou hart.+
23 Beskerm* jou hart meer as enigiets anders wat jy beskerm,+
want jou lewe hang af van wat in jou hart is.
25 Kyk reguit vorentoe.
Ja, hou jou oë gefokus op wat voor jou is.+